Koninkrykstyd - (her)ontdek jou kindskap
top of page

Koninkrykstyd - (her)ontdek jou kindskap


GK Chesterton , die Engelse skrywer wat bekend gestaan het as die "prins van paradoks" skryf in sy boek Orthodoxy dat ons almal opnuut ons kindskap kan (her)ontdek. Hy maak die opmerking dat kinders vol energie is en daarvan hou om weer-en-weer die goeie te beleef. Hy merk op dat,

Children always say, "Do it again"; and the grown-up person does it again until he is nearly dead. For grown-up people are not strong enough to exult in monotony. But perhaps God is strong enough to exult in monotony. It is possible that God says every morning, "Do it again" to the sun; and every evening, "Do it again" to the moon. It may not be automatic necessity that makes all daisies alike; it may be that God makes every daisy separately, but has never got tired of making them. It may be that He has the eternal appetite of infancy; for we have sinned and grown old, and our Father is younger than we.

Na die opwinding van Paasfees en Pinkster beweeg die kerk van Jesus nou in die tyd wat bekend staan as koninkrykstyd. Dit staan in Engels bekend as "ordinary time" en strek tot en met die Adventfees. Is dit nie interessant dat die grootste gedeelte van die kerkjaar in hierdie gewone tyd val nie?

Die avontuur van die Jesus lewe word ontdek in die gewone en dit is in hierdie elke dag waar ons genooi word om God te volg wat ons roep om saam met God te leef en te werk waar God die wêreld nuut maak. Ons visa vir hierdie avontuur is egter om die geskenk van kindskap te ontgin - want ons almal is kinders in God se gemeente, oud en jonk!

Toe die kunstenaar Pablo Picasso op 85 jarige ouderdom gevra is hoekom sy kunswerke aan die begin van sy lewe so ernstig en strak was en sy latere werke so kleurvol en energiek het hy geantwoord, "Dit is maklik om te verduidelik. Dit vat 'n lang tyd om jonk te word."

Mag hierdie koninkrykstyd vir ons almal 'n tyd wees om weer jonk te word en aansluit by die Meester van die Paradoks wat eens gesê het, "Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie."


bottom of page