Jy is God se projek!
top of page

Jy is God se projek!


Nou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy ’n splinternuwe mens is; ’n nuwe skepping in die kleine. Al die sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier. 2 Korintiërs 5:17

Ons word groot met die idee dat ons toekoms en die uitkoms van ons lewe net in ons eie hande is. As ons hard werk en die regte dinge doen, sal ons beloon word en sal ons sukses behaal. So die feit dat ons almal met die idee leef dat ons ons eie projek is, is heel verstaanbaar. Die waarheid is egter dat ons God se projek is, skryf John Ortberg. Dat Hy dwarsdeur ons lewe ons wil help om die mens te word wat Hy bedoel het ons sal wees: iemand wat floreer en die lewe met oorgawe lééf omdat Hy ons lewe bestuur.

As ons dan God se projek is, waarom ervaar ons dan nie altyd ‘n lewe van oorvloed nie? Waarom voel ons altyd of daar iets te kort skiet, ons nie aan mense en God se verwagtinge voldoen nie en ons maar net nie goed genoeg is nie. Omdat ons:

  • dink dat self en alleen ons pad moet uitwerk;

  • probeer om iemand anders se lewe te leef; en

  • ons aan mense inplaas van aan God se verwagtinge probeer voldoen.

God wil baie graag help om meer jý te word en jou volle potensiaal te bereik. Maar dan moet jy jouself in sy hande plaas en toelaat dat die Gees elke dag in en deur jou werk. Is jy bereid om dit te doen?

Vader, in u hande gee ek my lewe oor.


bottom of page