Die Pastorie-kinders
top of page

Die Pastorie-kinders


Ek het nog altyd gedink as ek Hand 1:8 gelees dan bedoel Jesus iets dieper. Hy praat oor die krag wat sy dissipels sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom. Hy sê dan verder aan hulle dat hulle sy getuies sal wees eers in Jerusalem, dan Judea en dan in Samaria en tot in die uiterstes van die wêreld.

Die sending begin by ons huisgesin, by ons gade, by ons kinders ; in ons Jerusalem. Kinders van pastore en dominees en ander evangelie bedienaars raak soms die pad buister. Dit kan wees omdat hulle moeg raak van die kerk ‘scene’ en bietjie vryheid soek; of is dit dalk dat hulle nooit regtig die Here leer ken het nie. Baie keer dan is dominees so besig om ander mense en hul kinders te bedien dat hulle van hulle eie huisgesinne vergeet. Nog nooit het my pa met my kom gesels oor Jesus en sy evangelie nie; maar Sondag na Sondag was hy op die kansel en het dramatiese impak gemaak in baie mense se lewens. Dalk was dit nie sy eie skuld nie; dalk was tyd die probleem. Met 4000 lidmate wat hy alleen moes bedien, was dit seker nie maklik nie.

Ek onthou dat hy Desember vakansies ons altyd weggeneem het met die karavaan en dan weer terug moes ry gemeente toe net om Kersfees diens te doen. Vandag is tyd nog steeds n kwessie; ‘n erger een want mense werk langer ure omdat hulle selfone hulle altyd koppel aan die werk. Destyds toe jy die dominee nie by die huis kry nie of op sy landlyn kry nie; moes jy dan net wag en ‘n boodskap los. Nou kan jy jou dominee sms, whatapps,vonkpos/epos,like-FB,ens. Ek dink dominees en pastore het nou nog minder tyd vir hulle self en hulle huisgesinne. So aan al die dominee pa en ma’s wees asb versigtig want ons pastorie-kinders het julle eerste nodig. Ons is julle Jerusalem.


bottom of page