Putte is vir water bedoel, nie vir mense nie
top of page

Putte is vir water bedoel, nie vir mense nie


Ken jy ook daardie donkertes wat soms ’n mens se hart oorneem? Weet jy ook van diep val? Is dit tans ver-val tyd in jou lewe? Is een of ander donker put jou adres op die oomblik? Hoor dan dat donker putte nie goeie plekke is om in vasgevang te wees nie. Putte is vir water bedoel, nie vir jou nie. God staan gelukkig ook nie eenkant wanneer hooploosheid jou vanuit alle kante omsirkel nie. Hy is die Here wat Homself ook in die donker laat ken. Hy haal graag mense uit sulke hooplose putte. Hy was hulle silwerskoon en gee vir hulle ’n splinternuwe kleed. Christus is juis die Eenman soekgeselskap van God hier op aarde wat aanhou soek totdat Hy put-bewoners opspoor. Dan dra Hy sulke moeë drenkelinge veilig terug na God se kudde toe. Gryp vandag sy reddingshand vas wat ook na jou toe uitgesteek word. O ja, soek ook die hulp van ’n goeie terapeut of gelowige vriend op. Moenie jou laste alleen dra nie. God het ook ander mense rondom jou gegee om jou in by te staan en op jou voete te help.


bottom of page