Daar ís ’n God. En gelukkig … dis nie jý nie!

April 22, 2016

 

Maar op die ou end gaan dit nie oor wat ons wil hê nie. Al wat saak maak, is dat ons doen wat God van ons vra, of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld. 2 Korintiërs 5:9

 

Dis makliker gesê as gedaan om regtig op met oorgawe op jou Vader te steun en in volkome afhanklikheid aan Hom te leef. Want ons wil mos maar eintlik self in beheer wees! Om heeltemal onsself aan ons Vader se wil en sy bestuur van ons lewens oor te gee, beteken as’t ware dat ons die sleutels van ons lewe vir Hom gee sê: Here, bestuur U maar. Ek ry saam!

 

Die meeste van ons kry dit reg om so nou en dan ons lewenssleutels aan Hom te oorhandig net om dit kort-kort uit sy hande te neem en self agter die stuurwiel in te skuif. Ander kere weer ry ons so lekker rustig op ons voorspoedpad dat ons nie dink dat dit nodig is om die beheer vir Iemand anders oor te gee nie.

 

Die waarheid is dat daar ’n God is wat elke kilometer van jou lewensreis ken. Die dele wat verby is maar verseker ook elke stukkie van jou toekoms. Hy weet nou al wat jy môre nodig gaan hê en hoe Hy jou kan help om die regte koers, die seker eindbestemming te bereik.

 

Daar is ’n God wat jou lewe wil bestuur. En gelukkig hoef dit nie jý te wees nie!

 

Neem my lewe laat dit Heer, U gewy wees meer en meer.

 

Net soos jy is – uitgegee deur CUM

 

Please reload

ONLANGSE ARTIKELS

February 27, 2020

February 26, 2020

February 25, 2020

February 21, 2020

February 19, 2020

Please reload

AFDELINGS & SKRYWERS
LEES SOORTGELYKE ARTIKELS
Please reload

© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: