Tussen Sondae
top of page

Tussen Sondae


Daar mag dalk baie van jou kollegas wees wat nie kerk toe gaan nie. Baie van hulle het dalk nog nie hulle lewens vir die Here gegee nie. Daagliks gaan daar mense dood sonder Jesus. Ons as gelowiges kan nie apaties daaroor staan nie. Tussen Sondae moet ek en jy die kerk wees vir ons kollegas.

Ek en jy moet besef dat ons ‘n lewe moet lei, wat maak dat mense vrae vra oor ons lewens. Hoekom is jy so anders? Hoekom is jy so vol blydskap? Die rede waarom ons lewe, is sodat ander mense Jesus kan leer ken. Dit is ons “purpose”.

Hoe kry ek dit reg om “anders” te leef?

  • Deel liefde en vergifnis vryelik uit. Dink aan die liefde en vergifnis wat jy elke dag so vryelik uit God se hand ontvang. Wees altyd vriendelik en hanteer al jou kollegas met respek, die direkteur, sowel as die skoonmakers. By die werk is dit baie belangrik om vir daardie kollega wat so naar met jou is, ook die ander wang te draai. (Matteus 5:38)

  • Wees bereid om die ekstra myl te stap saam met jou kollegas; die jong onseker kollega, iemand wat dalk deur ‘n persoonlike krisis gaan of iemand wat toegegooi is onder die werk. In Matteus 5:41 lees ons: As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Die uitdaging is omdat ook die ekstra myl te stap met ‘n kollega van wie jy nie regtig baie hou nie.

  • Wees betroubaar. Jou kollegas moet weet dat jy hulle jou altyd kan vertrou. Om beloftes na te kom, werk betyds af te handel of sake wat vertroulik aan jou oorgedra is, vertroulik te hanteer.

  • Wees altyd die een wat positief is, te midde van donker tye. Jou kollegas moet kan sien dat Jesus, die lewende hoop, in jou leef.

Die rede waarom ons leef, is sodat ons Jesus se hande en voete kan wees.


bottom of page