• deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief Mei 2018 deel 2


Inersie: die krag wat die heelal bymekaar hou

Inersie is die krag wat die heelal bymekaar hou. Sonder dit sou dinge letterlik uitmekaar val. Dit is ook wat ons in skadelike gewoontes en weerstand teen verandering vasgevang hou.

“If it were possible to flick a switch and turn off inertia, the universe would collapse in an instant to a clump of matter,” skryf Peter en Neal Garneau in In the Grip of the Distant Universe: The Science of Inertia.

“…death is the destination we all share. No one has ever escaped it. And that is as it should be, because death is very likely the single best invention of life. It’s life’s change agent; it clears out the old to make way for the new … Your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life.” — Steve Jobs

Inersie is die krag wat die heelal bymekaar hou. Sonder dit sal materie nie die huidige rangskikking kon handhaaf nie. Inersie word deur die hitte en kinetiese energie van bewegende partikels teengewerk. As dit nie daar is nie koel alles af tot -459, 67 grade Fahrenheit (absolute zero temperatuur).

Die Duitse astroloog, Johannes Kepler (1571 – 1630) het die woord inersie geskep. Hy het dit uit die Latynse woord vir onkunde en onaktief gekry. Dit is inersie wat ons Sondagoggende in die bed hou. Ons het aktiveringsenergie nodig om dit te oorwin.

Inersie verwys na weerstand teen verandering – veral verandering in beweging. Dit mag manifesteer in fisiese voorwerpe of in die denke van mense. Ons weet dit vereis ‘n krag om iets aan die beweeg te kry of om sy rigting te verander of om dit te stop. Sonder eksterne fisiese kragte sou ‘n motor nie beweeg nie. Dit vereis energie om ‘n motor te laat beweeg.

Inersie is Newton se eerste wet van beweging, ‘n fundamentele beginsel in fisika. In 1786 verduidelik Immanuel Kant dit soos volg: “All change of matter has an external cause. (Every body remains in its state of rest or motion in the same direction and with the same velocity, if not compelled by an external cause to forsake this state.) … This mechanical law can only be called the law of inertia (lex inertiæ)….”

Noudat ons die beginsel verstaan kom ons kyk na maniere om dit beter te verstaan en tot ons voordeel toe te pas.

Besluitneming en kognitiewe inersie

Almal van ons ondervind kognitiewe inersie (die neiging om aan bestaande idees, gedrag en oortuigings vas te klou al dien hulle ons nie meer goed nie). Min mense is werklik in staat om hulle menings te verander in die lig van inligting wat die teendeel bewys. Wat ons soek is bevestigende bewyse vir ons huidige siening. Dit is makliker om te dink soos ons nog altyd gedink het, as om na te dink oor die moontlikheid dat ons dalk verkeerd mag wees en ons siening moet verander.

Dit vereis werk om te verander net soos dit werk vereis om ‘n motor te laat beweeg. As die omgewing verander, kan die vasklou aan ou oortuigings skadelik wees. Of ons nie die veranderinge raaksien nie of nie op hulle reageer nie, is skadelik. Selfs as ander sien ons moet verander, beteken dit nie dat ons dit ook raaksien nie. Dit is makliker om iets raak te sien as jy nie direk betrokke is nie. “Sometimes you make up your mind about something without knowing why, and your decision persists by the power of inertia. Every year it gets harder to change.” - Milan Kundera, The Unbearable Lightness of Being.

Kognitiewe inersie is die rede waarom dit moeilik is om gewoontes te verander. Die verstek (default) is altyd die pad van die minste weerstand. Dit is makliker om te aanvaar en moeiliker om te bevraagteken.

Soms help inersie ons. Om alles te bevraagteken sou uitputtend wees. In baie gevalle is dit egter die moeite werd om inersie te oorwin en iets in beweging te stel of om rigting te verander of om iets te stop. Die belangrike ding van inersie is dat dit net die aanvanklike krag wat benodig word wat moeilik is. Daarna is vooruitgang makliker. In A Moveable Feast skryf Ernest Hemingway: “I always worked until I had something done and I always stopped when I knew what was going to happen next. That way I could be sure of going on the next day.”

Soos met fisika kan die momentum om te begin ons ‘n lang pad dra. Ons moet net die nodige aktiveringsenergie bymekaar kry en aan die gang kom.

Vooroordeel vir die status quo “As jy twyfel, doen niks nie.”

As ons besluite neem is ons selde rasioneel. As ons verskeie opsies en inligting het, kies ons gewoonlik die verstek-opsie (default), want dit is maklik. Om iets anders as wat ons reeds doen, te doen, vereis energie wat ons eerder wil bewaar. Dit mag dikwels besluitnemings uitputting verhoed.

Baie van ons volg roetines – dit dien ons meestal goed. Maar die status quo is nie noodwendig die beste oplossing nie. Dit help ons nie as iets in die omgewing verander het nie.

“The great enemy of any attempt to change men's habits is inertia. Civilization is limited by inertia.” — Edward L. Bernays, Propaganda.

Inersie is ‘n algemene problematiese krag. Dit laat ons aan ou dinge vasklou en voorkom dat ons nuwe dinge probeer. Dit is ook ‘n noodsaaklike krag. Daarsonder sal die heelal ineenstort. Inersie stel ons in staat om patrone vir funksionering te behou, verhoudings te behou en deur die dag te kom sonder om alles te bevraagteken. Ons kan inersie oorwin deur sy invloed te erken en die nodige stappe te neem om daardie inisiële momentum te skep.

Die gedrag van doeltreffende leiers

Navorsing deur Mckinsey sê dat vier gedragte deur leiers die verskil tussen sterk en swak leierskap maak. Hulle het na 20 verskillende gedragte gekyk:

  1. Wees ondersteunend

  2. Begeer verandering

  3. Maak doelwitte, belonings en gevolge duidelik

  4. Kommunikeer doeltreffend en dikwels

  5. Ontwikkel ander

  6. Bevorder wedersydse respek

  7. Ontwikkel en deel ‘n gesamentlike missie

  8. Differensieer tussen volgelinge

  9. Fasiliteer samewerking in die groep

  10. Prys ander

  11. Hou groepe georganiseerd en gefokus op die taak

  12. Neem gehalte besluite

  13. Motiveer en bring die beste in ander na vore

  14. Bied ‘n kritiese perspektief

  15. Fokus op resultate

  16. Herstel positief van mislukking

  17. Bly kalm en vol vertroue in tye van onsekerheid

  18. Wees ‘n rolmodel vir die organisasie se waardes

  19. Soek verskillende perspektiewe

  20. Los probleme doeltreffend op

Suksesvolle leiers gebruik al 20 gedragte. Maar vier maak die grootste verskil in doeltreffendheid. Vier gedragte is verantwoordelik vir 89% van die doeltreffendheid van leiers.

1. Wees ondersteunend

  • Wys opregte belangstelling

  • Bou vertroue

  • Help spanlede om uitdagings te hanteer.

2. Soek verskillende perspektiewe

  • Moniteer neigings en patrone

  • Soek vir idees wat prestasie kan verbeter

  • Differensieer tussen belangrike en onbelangrike sake

3. Fokus op resultate

  • Volg op

  • Beklemtoon doeltreffendheid

  • Prioritiseer die werk wat die grootste verskil maak

4. Los probleme doeltreffend op

  • Vergader en analiseer inligting

  • Neem besluite

  • Hanteer dispute

Jy kan nie enige van die 20 gedragte hierbo verwaarloos nie. Mckinsey se navorsing wys dat jy jou organisasie ten beste sal dien as jy werklik goed is met die vier wat verantwoordelik vir 89% van die doeltreffendheid van leiers is.

In hulle navorsing (Decoding Leadership: What really matters) het McKinsey 189 000 mense uit 81 organisasies vir hulle opname gebruik.


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: