‘n Oop huwelik (swinging) vir my as Christen?
- Alet Gardner
- Oct 27, 2017
- 2 min read

2 Timoteus 1:7 praat van God-gegewe “krag en liefde en selfbeheersing” (calm and well-balanced mind and discipline and self-control” – Amplified Bible). Wat het dit met swinging te doen?
‘n Desperate vrou kla: “My man stel voor dat ons by ‘n swinging groep aansluit. Ek voel uiters ongemaklik daarmee, maar hy is adamant daaromtrent dat ons ons sekslewe kan opkikker met die opwinding van ‘n ‘oop’ huwelik. Help!”
Toe sy weier om saam te werk, was hy smoorkwaad: hierdie ‘ultra-konserwatiewe’ vrou van hom is besig om sy pret te wil bederf. Wat die kinders en familie en vriende daarvan dink, hoeveel ook hulle in die proses seerkry, maak nie vir hom saak nie.
Soos in die geval van pornografie wat my met virtuele “geselskap” na die afgrond lei, is dit die geval met die fisieke “geselskap” van swinging of ander vorms van owerspel. Psalm 1 waarsku juis teen enige vorm van verkeerde geselskap.
Ons man-met-‘n-identiteitskrisis vergeet van sy commitment teenoor Jesus, sy commitment teenoor sy vrou en wil met alle geweld vir sy verbeelding en hormone vrye teuels gee. Die feit dat die samelewing dit skynbaar stilswyend goedkeur, maak die regte keuse nie eintlik makliker nie. God het die huwelik as ‘n veilige ruimte gegee vir seks tussen ‘n man en sy vrou. Of ek dan met of sonder my huweliksmaat se medewete en/of goedkeuring seks met iemand anders het, dit bly steeds owerspel waarmee ek nie net teen my huweliksmaat sondig nie, maar teenoor God self.
When we think about breaking away from His dictates, when we plan to sin, or relish the thought or idea of committing a sin, we separate ourselves from God in our relationship with Him. So, whether we are talking about actually committing adultery, or just considering it, or pretending we did and talking as if we did, they are all the same: it is sinning.
Even thinking about sex can have psychological ramifications and releases chemicals to do this rewiring. I believe this is another reason why God tells us to stay focused only on our spouse, to not even think about having sex with someone else.
En op die vraag: How do I know my wife is any good in bed? antwoord hy: I didn’t. I still don’t. But again, who cares. I’m happy. Why on Earth would I want something to compare her to that would make me less satisfied?
Ek kan ‘n morele lewe lei en steeds ‘n heerlike sexy, sensuele man/vrou wees binne die veilige ruimte van God se voorskrifte – binne die huwelik. Jesus het gewaarsku dat sonde in my gedagtes, in my hart, begin. En Jakobus 1:14-15 waarsku teen begeertes wat ons “aanlok en saamsleep.” Selfs voordat ons die sondige daad doen, is ons verhouding met God reeds geskend. Dit is my verantwoordelikheid om die keuses te maak wat God eer en my huwelik beskerm.
Comments