top of page

Kleurblind Webinaar 24 Aug

ekerk

Ons is deel van Afrika. Meer spesifiek: ons is gelowiges in Afrika. Ons is Jesus-volgelinge wat onsself bevind in 'n land met uiterste etniese en rassediversiteit. Daarmee saam is die Leier wat ons volg Iemand wat van ons verwag om onder andere – op 'n radikale manier – sosio-ekonomiese- en rassegrense oor te steek, geregtigheid na te jaag en armoede te verlig ter demonstrasie van die koms van sy koninkryk. Die vraag is dan hoe ons as Jesus- gemeenskap hieroor moet nadink en veral moet reageer op die huidige perspektief van spanning, geweld en misdaad.

Hierdie tendensverslag is 'n bydrae van ekerk om hierdie uiters relevante situasie te bedink en 'n paar moontlike punte uit te lig vir verdere gesprek. Laai die verslag gratis af hier. en neem deel aan ons gratis webinaar op 24 Augustus deur hier te registreer.


bottom of page