• deur Milanie Vosloo

God blý by jou … ongeag


Wat ‘n droom het hy nie gehad nie! Daar was ‘n baie lang leer, van die grond tot by die hemel... Skielik het die Here daar by Hom gestaan en met hom gepraat ... Genesis 28:12b,13a

Ons Vader het ons ontsettend lief. So lief dat Hy altyd by ons wil wees. Dat Hy as’t ware daarna verlang dat ons met Hom kontak sal maak. En soms soek Hy ons juis op wanneer ons nié met Hom wil praat nie en nié wil hoor wat Hy sê nie .

Jakob het drooggemaak. Hy het so pas sy broer, Esau, se geboortereg by hom “gesteel” en sy pa se seën onder valse voorwendsels ontvang. Hy het alle rede om van sy pa en van God af te moet vlug. Dan lees ons hoe Jakob op sy weghardlooppad gaan lê en slaap en droom hoe God aan Hom verskyn en vir sê:: “Onthou een ding, Jakob: Ek is by jou. Ek gaan saam met jou waar jy ook al gaan ...” (Gen 28:15)

Dit maak nie saak hoe ver ons van God af probeer weghardloop en hoe hard ons probeer om Hom te vermy nie, wanneer Hy wil, sál Hy Homself op verskillende maniere aan ons openbaar. En wanneer ons ore en harte oop is: sal ons hoor: “Ek is bý jou...”.

Hoe heerlik om te weet: jou God het jou so lief dat Hy jou altyd weer sal kom haal en jou sal bring na die plek waar jy behoort te wees.

Here, dankie dat U nooit ophou om by te soek nie.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: