
In sy boek, Brave New World, gebruik die bekende skrywer Aldous Huxley ‘n interessante datering sisteem, naamlik BF en AF – “Before Ford” en “After Ford.” Hy verwys naamlik na Henry Ford wat die vader van die motor en die sogenaamde “assembly line” in fabrieke is. Einste Ford het op ‘n dag gekla dat wanneer hy ‘n paar hande moet huur om werk in een van sy fabrieke te doen, dan kry hy boonop ‘n mens hiermee saam. Te veel mense moet vandag soos ratte in groot masjiene in hierdie harde samelewing oorleef- stemloos, woordloos, magteloos. Wel, die goeie nuus is dat die Here ons nie gemaak het om robotte te wees nie. Ons het koppe en harte. Ons kan dink en voel. Ons is definitief nie stilswyende aanskouers van die lewe wat op geprogrammeerde maniere by ons verbyrol nie. Ons is deelnemers en spelers. Al het ons nie aldag beheer oor alles wat met ons gebeur nie, kan ons kelke keer kies hoe ons dink, voel en glo. Ons is nooit slagoffers nie, maar spelers in die Here se span. Meld asseblief in Sy Naam by die lewe aan. Speel volgens sy spelreëls deur mense raak te sien en hulle met waardigheid te behandel