• deur Milanie Vosloo

Van verwerping tot seën


Met Hagar en Ismael sal dit ook goed gaan. Uit hom sal daar ‘n groot nasie kom, want hy is jou kind. Genesis 21:13

Om verwerp te word is een van ons grootste vrese een van die slegste seerkrye en een van die goorste mens-emosies! Dis mos baie erg om te voel of ander jou eenkant toe stoot, jy nie meer goed genoeg is nie ... jy nie liefgehê word nie.

Dis hoe Hagar moes voel toe Sara daarop aangedring het dat Abraham haar en haar kind, Ismael, moes wegjaag. Die ergste was dat sy op ‘n stadium goed genoeg was om Abraham se kind te verwag! So loop Hagar as alleenvrou met haar kind die woestyn in. Toe hul kos en water opraak, lees ons hoe sy eenkant toe loop omdat sy nie wou sien hoe haar kind sterf nie. Dis dan, wanneer haar nood op sy grootste is, wat God ‘n Engel stuur om haar te vertroos en ‘n fontein van water voor haar oopmaak.

God is by uitstek ‘n Vader vir eenkant-mense: vir hulle wat verstoot word, verwerp is en eenkant toe geskuif word. Hy’s daar om hulle weer die lig te laat sien en aan hulle fonteine van lewende water te bring.

Mag jy, wanneer jy dae van eenkant-toe-voel beleef, ervaar hoe die Vader jou met nuwe hoop, krag, moed ... en ‘n visie van voorspoed voorsien.

Here, dankie dat U omgee daar waar niemand anders doen nie en lief het wanneer niemand anders het nie.

Net soos jy is – uitgegee deur CUM


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

logo snapscan.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: