• deur Stephan Joubert

Saai min as jy ‘n klein oes wil hê


Paulus deel ‘n eenvoudige, maar kragtige, geestelike les in 2 Korintiërs 9:6 as hy sê dat as ons min saai, dan oes ons ook min. In hierdie gedeelte, waar hy besig is om gelowiges op te roep om ruim by te dra tot ‘n kollekte vir arm gelowiges in Jerusalem, maak hy dit duidelik dat geloof met waagmoed gepaard gaan. Netsoos wat boere dit elk slag met die natuur moet waag, net so moet ons dit met God waag. Min waagmoed lei tot min resultate!

Nou ja, ek moet eerlik wees, een van die tekortkomings in my geestelike lewe is lae verwagtings. Ek verwag te min van God. Daarom vra ek klein dingetjies en vertrou ek Hom vir piepklein geestelike oeste. Lae verwagtings van God en klein saai-pogings in sy landerye is die resultaat van ‘n geloofslewe wat in ‘n winterseisoen vasgevang is. Kom vry hiervan. Vertrou God vir groot grondverskuiwingsoperasies, dan trek Hy op sy eie maniere die hemelse sluise oop. Saai gelowig in God se akker. Vertrou Hom vir groot dinge – ‘n deurbraak in die lewe van iemand vir wie jy bid; ‘n bekering; die herstel van ‘n verhouding; nuwe geleenthede..! Hoe meer jy bid terwyl jy op God se saailand staan, hoe meer waagmoedig raak jy! God is die God van groot dinge! Glo dit en saai!


© 2020 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon

Laai ons "app" af: