top of page
ORIGINAL-ON-TRANSPARENCY.png
Luther ervaring & Passiespel in Oberammergau
saam Stephan Joubert
Die passiespele in Oberammergau is ‘n toneelstuk oor die lyding, dood en opstanding van ons Verlosser, Jesus Christus. Die toneel word elke tien jaar opgevoer waarvan die 2020 uitgestelde aanbieding in 2022 vir die 42ste maal, die lig sal sien! Meer as 2000 akteurs, sangers, insrumentaliste en technici bring hierdie produksie
sedert 1634 na die verhoog ... MOET DIT NIE MISLOOP NIE!

BUITELYNE VAN DIE REISPLAN
(O)-Ontbyt       (O*)-Ontbyt aanboord       (M)-Middagete       (A)-Aandete       (A*)-Aandete aanboord

Donderdag: 29 Sept JOHANNESBURG – DOHA

Ontmoet mekaar om 10:00 by die Qatar Airways inboek-toonbank van Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale lughawe. Handel die nodige formaliteite af en bespreek u bagasie deur na München. Vertrek om 13:50 om teen 23:10 in Doha te arriveer. Sluit aan by die vlug wat net na middernag om 01:45 na München vertrek. Oornag aan BOORD (A*)

Vrydag: 30 Sept DOHA – MÜNCHEN

Arriveer om 07:00 in München aan waar ons toergids gereed is om ons op ‘n besigtigingstoer van die stad te neem. Ons het ook tyd tot ons beskikking is om Marienplatz en die gewilde Hofbrauhaus te geniet. Oorplasing na ons hotel waarna die res van die dag vry het om na die oornagvlug te ontspan. U kan gerus die gewilde “Oktoberfest” op eie stoom besoek. Oornag inMÜNCHEN (O*) -Feringa Park Hotel

Saterdag: 01 Okt MÜNCHEN – OBERAMMERGAU – BAVARIA

Reis vanoggend na Oberammergau waar ons tyd het om die dorpie te verken en dan een van die hoogtepunte, die 2022 passiespel te ervaar. Deel I van die toneel begin om 13:30 en duur tot 16:00 waarna pouse en deel II van die opvoering vanaf 19:00 tot 21:30 volg. Dit is in hierdie dorpie waar die plaaslike inwoners hul belofte aan die Here nakom deur elke tien jaar die gebeure te gedenk waar God die gemeenskap van Oberammergau gespaar het, deur hul gebede te verhoor en die dodelike swart plaag wat Europa in 1634 geteister het, van hulle te weerhou. Na afloop van die toneel word ons na die hotel geneem vir oornag in die omliggende Bavariese dorpie BAD KOHLGRUB (O)(A) -Schillingshof

 

Sondag: 02 Okt BAVARIA – NIEUSCHWANSTEIN – ROTHENBURG OB DER TAUBER

Vertrek vir ‘n foto-stop na die Nieuschwanstein kasteel met sy sneeu-wit kalksteen fasade en sprokie-torings wat bokant die boomtoppe van die omliggende Hohenschwangau vallei se bergpieke toorn. Hierdie kasteel is só verbeeldingryk dat dit maklik uit die bladsye van ‘n sprokiesverhaal gehaal kon word. Reis verder met die “Romantiese” roete langs na Rothenburg ob der Tauber, omring deur asemrowende natuurskoon. Die 400km-lange roete tussen Füssen en Würzburg word as een van die mooistes van Bavaria bestempel met sy wingerde en romantiese klein dorpies wat tot by die voetheuwels van die Bavariese Alpe strek. Aandete en oornag in ROTHENBURG OB DER TAUBER (O)(A) -Altes Brauhaus

 

Maandag: 03 Okt ROTHENBURG OB DER TAUBER – WARTBURG

Rothenburg ob der Tauber is ‘n dorpie in Noord-Bavaria bekend vir sy goed behoue middeleeuse argitektuur. In die Ou-dorp ons ontmoet ons plaaslike toergids by die fontein op die markplein. Ons begeleide twee-ure staptoer deur die geskiedkundige Ou-dorp met sy romantiese stegies en prentjiemooi pleine, bied ‘n insiggewende kykie na die ryk geskiedenis van die Ou-dorp van Rothenburg. Sluit die toer af met ‘n besoek aan die Gotiese St James kerk. Vertrek dan en reis verder met die “Romantiese” roete langs na Würzburg. Hierdie pad is net na die Tweede wêreldoorlog op die ou Roomse-roete gebou en spog met van die mooiste kastele in Duitsland. ‘n Drie-ure busrit neem ons na ons hotel in die Eisenach omgewing. Aandete en oornag in WARTBURG (O)(A) -Romantik hotel Auf der Wartburgh

  

Dinsdag: 04 Okt EISENACH – WARTBURG

In 1521 het Luther skuiling teen die pous in die Wartburg Kasteel geneem. Bring besoek aan hierdie middeleeuse kasteel wat hoog op ‘n rots gebou is met sy museum wat op middeleeuse kuns fokus. ‘n Kort busrit neem ons na Eisenach. Sien waar Luther die Nuwe Testament binne slegs elf weke na Duits vertaal het. As kind het hy in Eisenach skoolgegaan en in die koor van die St George’s kerk gesing; dieselfde kerk waar ook die familie van komponis Johann Sebastian Bach, aanbid het. Ons het die middag vry om die dorp op eie stoom te verken. U kan gerus die Luther-huis museum besoek. Aandete en oornag in WARTBURG (O)(A) -Romantik hotel Auf der Wartburgh

  

Woensdag: 05 Okt WARTBURG – ERFURT – EISLEBEN – WITTENBERG

Vertrek vanoggend na Erfurt waar ons plaaslike toergids ons by die katedraal-plein bekend as “Domplatz” ontmoet. Onderneem ‘n begeleide staptoer en besoek die Augustynse klooster waar Luther as ‘n monnik gebly het. Sien die katedraal van Maria waar hy georden is met die St Severus kerkgebou net langsaan geleë. Reis verder na Eisleben waar ons vrye tyd het om in hierdie middeleeuse dorp saam met ons toerleier na Martin Luther se geboortehuis te stap. Erfurt word as tuisdorp van Luther bestempel. Reis verder vir aandete en oornag in WITTENBERG (O)(A) -Luther hotel

 

Donderdag:06 Okt WITTENBERG – BERLYN

Onderneem vanoggend ‘n staptoer en ontmoet ons plaaslike toergids by die Lutherhuis in Collegienstraat. Stap deur die Ou-dorp en besoek die Lutherhuis, die Dorpskerk en die Kasteelkerk. Ons het die middag vry en u kan gerus op eie stoom Melanchthonhaus, die herformer Philipp Melanchthon se skrywershuis wat in ‘n museum omskep is, besoek. Sien die skilder Lucas Cranach se huis en werkswinkel of besigtig Yadegar se 3600 uitbeelding van Luther se tesis, bekend as die “Asisi panorama of Luther 1517”, in u eie tyd. Reis verder oor Potsdam na Berlyn waar aandeteby ons hotel bedien word. Oornag in BERLYN (O)(A) -Park Inn

  

Vrydag: 07 Okt BERLYN

Tyd om saam met ons plaaslike toergids ‘n stadstoer van Berlyn te onderneem. Sien onder andere hoogtepunte soos die Pergamum museum met die tempel van Zeus, die fassade van die stad Milete en die Ishtar Hek van Babilon. Die gewilde Brandenburg-hek is ons laaste stop. Keer terug na ons hotel vir aandete en oornag in BERLYN (O)(A) -Park Inn

  

Saterdag: 08 Okt BERLYN – DOHA

Geniet vrye tyd in Berlyn voordat ons vroegmiddag na die lughawe oorgeplaas word vir die Qatar Airways vlug wat om 16:40 na Doha vertrek. Met die aankoms om 23:25 sluit ons aan by die vlug wat na middernag om 02:25 na Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A*)

 

Sondag: 09 Okt JOHANNESBURG

Stryk om 09:45 in op Johannesburg se O.R.Tambo Internasionale lughawe neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees. Eendag maak ons weer so! (O*)

TOERPRYS:  R48,500 per persoon soos volg saamgestel: Groep-lugreisgeld R8,565 / Landreëlings R39,935 / €2,282) Tariewe word deur die diensleweraars tot op R17,50 teenoor die Euro gedek.


Geldsake: ‘n Deposito van R15,000 per persoon plus reisversekering van R1,230 vir onder 70-jariges of R2,930 vir onder 80’s is betaalbaar om u sitplek te verseker. Reisversekering moet tesame met u deposito betaal word om die maksimum dekking te geniet wat die polis bied. Besprekings word op ‘n “first- come, first-served” basis toegeken en u vroeë bespreking is daarom noodsaaklik om u plek te verseker. ‘n Tweede deposito van R15,000 is teen 28 Februarie 2022 en die balans is teen 31 Mei 2022 betaalbaar waarop die wisselkoers van die dag van toepassing sal wees.
 

Toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 48 passasiers wat saamreis.

Passiespel-akkommodasie en -sitplek: Van die 6 beskikbare kategorieë het Stargate kategorie 1 sitplekke in die passiespel-teater aangekoop wat gepaard gaan met vierster akkommodasie in een van die prentjiemooi dorpies van die Bavariese Alpe rondom Oberammergau.


Die hotelnaam sal in 2022 deur die passiespel-kantoor herbevestig word. Hotelle soos aangedui op die reisplan is onderhewig aan verandering indien nodig.

Weens die beperkte hoeveelheid beskikbare sitplek vir hierdie toer, word u inskrywing vroegtydig benodig, en is dit onderhewig aan beskikbaarheid tydens bespreking



Besprekings:  Stuur asb e-pos na toere@ekerk.org om die registrasieproses af te skop.

Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.

INGESLUIT:
 

• Ekonomiese retoervlugte insluitend inboek-bagasie, lughawebelasting en brandstofheffing soos per program

• Drie- en vierster akkommodasie met ontbyt en aandetes soos per reisplan

• Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse
• Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
• Fooitjies aan toergidse, Busbestuurders, portiere en hotelpersoneel • Kategorie TC1 Passiespele sitplek (Hoogste beskikbare kategorie

sitplek)

UITGESLUIT:

• Opsionele enkelkamerverblyf op aanvraag beskikbaar vanaf R9,980

• Uitgebreide reisversekering vanaf R1,230 vir onder 70-jariges of R2,930 vir onder 80’s

• Schengen visumkostes
• Opsionele ingangsfooie indien

enige

 

Reisplan is onderhewig aan verandering na gelang van tydskedules en veiligheidsituasies

Registrasie proses:
 

Om jou plek op hierdie toer te bespreek stuur asb 'n epos na toere@ekerk.org waar die volgende stappe deurgegee sal word.

bottom of page