top of page
ORIGINAL-ON-TRANSPARENCY.png
Israel saam Stephan Joubert 19-26 September 2024

BUITELYNE VAN DIE REISPLAN
(O)-Ontbyt       (O*)-Ontbyt aanboord       (M)-Middagete       (A)-Aandete       (A*)-Aandete aanboord

Dag 1:  Donderdag, 19 September   JOHANNESBURG – TEL AVIV

Ontmoet om 16:00 by die El Al lugredery se inboek-toonbank op Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale lughawe. Sekuriteitsprosedures word afgehandel en bagasie deur die redery toegedraai.  Vertrek om 20:00 en oornag aan BOORD  (*)

 

Dag 2: Vrydag, 20 September  TEL AVIV – GALILEA

Stryk om 05:25 op die Ben Gurion lughawe neer. Gaan deur paspoortbeheer en haal u bagasie af.  Ontoet u toergids en busbestuurder.  Besoekpunte op ons roete:  Joppe(Jona vlug na Tarsis; Simon die leerlooier), Caesarea (Tuiste van Herodus, Kornelius, besoek deur Filippus, Paulus) Megiddo (Armageddon finale slag), Berg 

 

Karmel (Elia en die Baälprofete), Nasaret (Jesus se kinderjare) en “Nazareth Village” (antieke opelug museum).  Oornag in TIBERIAS (*)(A)   

 

Dag 3:  Saterdag, 21 September  GALILEA  

Berg van Saligsprekinge (bergpredikasie), Tabgha (vermeerdering van brood en vis), Mensa Christi (Jesus eet saam met sy dissipels na sy opstanding), Kapernaum (Jesus woon hier en genees die verlamde man), Boot museum (“Jesus”-boot onlangs ontdek en hier gepreserveer), Bootvaart op die See van Galilea (tyd vir nabetragting op ‘n tradisionele houtboot).  Oornag in TIBERIAS  (O)(A)   

 

Dag 4:  Sondag, 22 September  GALILEA – BETLEHEM –  JERUSALEM

Bet-San (Saul en sy seuns se lyke hier vasgespyker), Jerigo (Berg van Versoeking per kabelspoor), “Tel Jericho” (opgrawings wat die gevalle stadsmure blootlê), Betlehem herdersvelde (ster lei die herders hierheen) en geboortekerk (gebou oor die moontlike geboorteplek van Christus). Oornag in JERUSALEM  (O)(A)  

 

Dag 5:  Maandag, 23 September  JERUSALEM

Olyfberg (vanwaar Jesus Jerusalem op die donkie binnery), Palm-staproete (skare verwelkom Jesus met klere en palmtakke op die roete), Dominus Flevit-kerk (Jesus ween oor Jerusalem),  Tuin van Getsémane (Jesus hier gevange geneem), Peter in Gallicantu (huis van Kajafas), Klaagmuur (Allerheiligste plek vir die Jode), Kotel tonnels (begeleide ondergrond toer lê die Westelike muur se tonnels bloot), Bo-vertrek (Heilige Gees hier uitgestort). Oornag in JERUSALEM  (O)(A) 

 

Dag 6:  Dinsdag, 24 September  JERUSALEM – DOOIE SEE

Bad van Betésda (Jesus genees die verlamde man), via Dolorosa (Jesus se lydensweg na Golgota), Tuingraf (Jesus waarskynlik hier begrawe). Reis na die Dooie see (“Laagste” plek op aarde onder seespieël). Oornag by die DOOIE SEE  (O)(A)   

 

Dag 7:  Woensdag, 25 September  DOOIE SEE – BEN GURION LUGHAWE

Oggend vry by die Dooie See. Uitboektyd teen 11:00. Massada (bergvesting in die woestyn), Ein Gedi (Dawid vlug vir Saul en skuil hier), Qumran (Dooie see boekrolle hier ontdek). Oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 23:45 na Johannesburg vertrek.   Oornag aan BOORD  (O)(*)

 

Dag 8:  Donderdag, 26 September  JOHANNESBURG

 

Stryk om 06:25 op Johannesburg O.R. Tambo Internasionale lughawe neer  (*)

VERWAGTE TOERPRYS: R39,980 per persoon soos saamgestel in April 2023.  (Koste mag wissel en sal   

                                            opgedateer word sodra vlugte in die stelsel teen November 2023 beskikbaar word) 

        Verwagte groep-lugreisgeld:  R11,180 (onderhewig aan vroeë bespreking en besikbaarheid tydens bespreking)

                                 Landreëlings:  R28,800 / US$1,600 @ R18,00 = US$1

 

Toerprys is gebaseer op R18,00 teenoor die Amerikaanse Dollar. Die Randwaarde van ons toerprys mag met balansbetaling na aanleiding van die Rand/Dollarwaarde moontlik aangepas word.  Maak asseblief voorsiening vir ‘n wisseling in die Randwaarde ten tyde van balansbetaling.   Reisversekering word ten sterkste aanbeveel en kan deur ons kantoor uitgereik word.  Weens die beperkte aantal sitplekke beskikbaar vir hierdie toer, word u inskrywing en deposito so gou as moontlik benodig om u sitplek te verseker.  Toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 48 passasiers wat saamreis.

 

Groeptoer geldsake:  ‘n Nie-terugbetaalbare deposito van R10,000 plus R645 reisversekering vir onder 70-jariges en R1,450 vir onder 80’s is betaalbaar met registrasie, om die geldigheid van die maksimum reisdekking wat die reisversekering bied, te verseker.  Die balans van die toerprys is sowat 8 weke voor vertrek betaalbaar, en die wisselkoers van die dag sal op die Randwaarde van ons toerprys van toepassing wees.  Maak asseblief seker dat u fondse dan beskikbaar is aangesien balansbetaling is weens die wisselvalligheid van die Rand, sowat 72-uur na fakturering betaalbaar is.  Maak ook asseblief voorsiening vir wisseling in die lugreisgeld wat eers teen November 2023 beskikbaar sal wees.

Besprekings:  Voltooi asb hierdie registrasievorm en e-pos, faks of whatsapp die dokument tesame met u inbetalingstrokie na ons kantoor.  Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.  Gebruik asb u VAN gevolg deur die kode 19SepSJ as verwysing met inbetaling.  Ons bankbesonderhede reflekteer op die registrasievorm. 

e-pos: tafelberg@stargateint.co.za   Faks:  086 634-3775   Whatsapp: 082 478-0895

INGESLUIT:

  • Ekonomiese retoervlugte insluitend inboek-bagasie,   lughawebelasting en brandstofheffing

  • Lughawe hotel retoer oorplasings soos per reisplan

  • Ontbyt en aandete daagliks soos per reisplan

  • Vierster akkommodasie 

  • Geregistreerde Engelssprekende toergidse

  • Luukse lugverkoelde toerbusse 

  • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per reispaln

  • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere, hotelpersoneel

UITGESLUIT:

  • Opsionele enkelkamer US$130 per nag

  • Reisversekering vanaf R645 vir  onder 70-jariges, R1,450 vir onder 80’s. 

  • Senior polis op aanvraag beskikbaar. 

 

NOTA: Reisplan is onderhewig aan verandering na gelang van tydskedules, veiligheidsomstandighede en -regulasies. 

 

Registrasie proses:
 

Voltooi asb hierdie registrasievorm en e-pos (stargate@netactive.co.za), faks (086 634-3775 / 011 9187632) of “whatsapp” (0824780895) die dokument tesame met u inbetalingstrokie na ons kantoor.  Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.

Gebruik asb u VAN gevolg deur die kode 19 SepSJ as verwysing met inbetaling

bottom of page