Italië 2025
top of page
ORIGINAL-ON-TRANSPARENCY.png
2025 toer na ITALIË (Paulus en die vroeë kerk)
Rome, Assisi & Floraans

saam met Prof Stephan Joubert 
Vertrekdatum: 24 April 2025

BUITELYNE VAN DIE REISPLAN
(O)-Ontbyt       (O*)-Ontbyt aanboord       (M)-Middagete       (A)-Aandete       (A*)-Aandete aanboord

Dag 1: Donderdag 24 April  JOHANNESBURG – DOHA – ROME

moet mekaar om 09:30 by die Qatar inboek-toonbank in die O.R. Tambo Internasionale lughawe vertreksaal.  Vertrek om 13:35 met Qatar lugredery na Doha waar ons om 22:25 arriveer.  Sluit aan by die vlug wat na  middernag om 02:35 na Rome vertrek.  Oornag aan BOORD  (*)

 

Dag 2: Vrydag 25 April ROME 

Stryk vanoggend om 07:25 in Rome (hoofstad van Italië) neer. Ons is gereed om saam met ons toerleier met die Via Appia (antieke pad wat toegang tot die stad gebied het) langs te stap.  Sien onder andere die Porta San Sebastiano (toegangshek in die stadsmuur ingebou) en Domine Quo Vadis (kerk waar Petrus heen gevlug het).  Besoek een van die indrukwekkende Katakombes (waarvan sommiges tot soveel as 170,000 grafte huisves). Geniet middagete by ‘n plaaslike Italiaanse restaurant. Ons volgende stop is Palatine Hill (belangrikste van sewe heuwels van antieke Rome), die Kolosseum (bekende Romeinse stadion en grootste amfiteater ter wêreld) en die Romeinse Forum (kommersiële middelpunt van eertydse Rome). Oorplasing na ons hotel vir aandete en oornag in ROME  (*)(M)(A) 

 

Dag 3: Saterdag 26 April ROME

Begin die dag weer saam met ons toerleier vir besoekpunte langs die Via Appia.  Bring dan buitekant die stadsmure besoek aan die Basiliek van Paulus (kerk waar Paulus volgens oorlewering begrawe is), die Katakombes van Domitilla (Christelike begraafplaas), Tre Fontane Abbey (Abdy van die drie fonteine met direkte verwysing na Paulus se onthoofding).  Aandete en oornag in ROME (O)(A) 

 

Dag 4: Sondag 27 April ROME

Ons stadstoer sluit besoeke in aan die Vatikaanstad (kleinste land ter wêreld, huisves die Vatikaan Museums en Sixtynse kapel), St Peter’s Basiliek (grootste katedraal en kerk ter wêreld), Pantheon (bes behoue monument in antieke Rome en eertydse Romeinse tempel, vandag ‘n Christelike kerk), Stadium of Domitian (Antieke atletiekstadion waar sportbyeenkomste gehou is), Basilica of Santa Maria and Martyrs (titulêre kerk in die sirkulêre plein bekend as die Piazza della Repubblica). Keer terug na ons hotel vir aandete en oornag in ROME  (O)(A) 

Dag 5: Maandag 28 April ROME 

Vertrek na ontbyt vir ‘n besoek aan Ostia Antica (antieke Romeinse stad teen die mond van die Tiber (derde langste rivier in Italië)).  Ostia is vandag ‘n groot argeologiese area bekend as een van die bes behoue antieke stede ter wêreld met sy manjefieke geboue, muurskilderye en mosaïek.  Keer terug na ons hotel vir aandete en oornag in ROME  (O)(A)  

 

Dag 6: Dinsdag 29 April ROME – ASSISI – FLORAANS

Vertrek vanoggend na Assisi (heuweltop-dorp in Italië se Umbria distrik geleë) en besoek die Basiliek van San Francisco (kenmerkende landmerk en belangrike Christelike pelgrimskerk in Italië).  Onderneem dan ‘n begeleide stadstoer van Assisi en sien die Romeinse amfiteater (geleë by een van die agt stadshekke), St Ruffino (geskiedkundige katedraal en kerk met ‘n doopfont), die kloktoring en St Chiara (kerk wat die oorskot van Chiara Offreduccio, ‘n volgeling van Francis van Assisi, huisves). Geniet vrye tyd in die middedorp voordat ons koers kies na Floraans (hoofstad van Italië se Toskaanse streek bekend vir sy meesterstukke van Renaissance kuns en argitektuur).  Aandete en oornag in FLORAANS   (O)(A) 

 

Dag 7: Woensdag 30 April FLORAANS

Ons besigtigingstoer van Floraans sluit hoogtepunte in soos Santa Maria del Fiore (katedraal van Floraans; hoof landmerk en vierde grootste kerk ter wêreld), Piazza del Duomo (stadsplein in sentraal Floraans wat die katedraal, Johannes se doopkapel, en Giotto se kloktoring huisves), Piazza della Signoria (w-vormige plein voor die stadsaal bekend as Palazzo Vecchio), Perseus (brons standbeeld van Perseus wat die kop van Medusa vashou), Strooimark (dateer vanuit die 11de eeu en vandag bekend as die Nuwe Mark; steeds stalletjies te siene wat strooihoedens en -sakke verkoop).  Middag vry om die stad op eie stoom te geniet.  Aandete en oornag in FLORAANS  (O)(A) 

 

Dag 8: Donderdag 01 Mei FLORAANS – SIENA – ROME – DOHA

Vertrek vanoggend na Siena (stad in sentraal Italië se Toskanië-streek gekenmerk deur middeleeuse baksteengeboue).  Besoek die Siena katedraal (indrukwekkende middeleeuse kerk en Gotiese gebou gevul met kunsskatte deur Pisano, Donatello, Michaelangelo en Pinturicchio).  Geniet vry tyd in Piazza del Campo (die sentrale plein) en tuiste van die Palazzo Pubblico (die Gotiese stadsaal) en sien Torre del Mangia ('n skraal 14de-eeuse toring met pragtige uitsigte vanaf sy kenmerkende wit kroon). Reis verder na die Fiumicino lughawe naby Rome vir ons terugvlug wat om 22:30 na Doha vertrek.  Oornag aan BOORD  (O)(*) 

 

Dag 9: Vrydag 02 Mei DOHA – JOHANNESBURG

 

Arriveer om 04:55 in Doha en sluit by die 08:40 vlug na Johannesburg aan.  Stryk om 16:10 op die O.R. Tambo Internasionale lughawe neer.  Eendag maak ons weer so!  (*)(*) 

TOERPRYS:  R49,980 per persoon soos volg saamgestel: 

Groep-lugreisgeld:  R13,490 (onderhewig aan vroeë bespreking en besikbaarheid tydens bespreking)

Landreëlings:  R36,490 / EURO €1,780 @ R20,50 = EURO €1,00

 

Toerprys is gebaseer op R20,50 teenoor die Euro. Die Randwaarde van ons toerprys mag met balansbetaling na aanleiding van die Rand/Eurowaarde moontlik aangepas word.  Maak asseblief voorsiening vir ‘n wisseling in die Randwaarde ten tyde van balansbetaling.   Reisversekering word ten sterkste aanbeveel en kan deur ons kantoor uitgereik word.  Weens die beperkte aantal sitplekke beskikbaar vir hierdie toer, word u inskrywing en deposito so gou as moontlik benodig om u sitplek te verseker.  Toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 44 passasiers wat saamreis.

 

Groeptoer geldsake:  ‘n Nie-terugbetaalbare deposito van R10,000 plus R1,230 reisversekering vir onder 70-jariges of R2,930 vir onder 80’s is betaalbaar met registrasie, om die geldigheid van die maksimum reisdekking wat die reisversekering bied, te verseker.   Die balans van die toerprys is sowat 8 weke voor vertrek betaalbaar, en die wisselkoers van die dag sal op die Randwaarde van ons toerprys van toepassing wees.  Maak asseblief seker dat u fondse dan beskikbaar is aangesien balansbetaling is weens die wisselvalligheid van die Rand, sowat 72-uur na fakturering betaalbaar is.  

Besprekings:  Voltooi asb hierdie registrasievorm en e-pos, faks of whatsapp die dokument tesame met u inbetalingstrokie na ons kantoor.  Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.  Gebruik asb u VAN gevolg deur die kode 24AprSJ as verwysing met inbetaling.  Ons bankbesonderhede reflekteer op die registrasievorm. 

e-pos: tafelberg@stargateint.co.za   Faks:  086 634-3775   Whatsapp: 082 478-0895

INGESLUIT:

  • Ekonomiese retoervlugte insluitend inboek-bagasie,   lughawebelasting en brandstofheffing

  • Lughawe hotel retoer oorplasings soos per reisplan

  • Ontbyt en aandete daagliks soos per reisplan

  • Vierster akkommodasie 

  • Geregistreerde Engelssprekende toergidse

  • Luukse lugverkoelde toerbusse 

  • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per reisplan

  • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere,   hotelpersoneel

  • Toeristebelasting betaalbaar by hotelle

UITGESLUIT:

  • Opsionele enkelkamer EURO €85 per nag

  • Reisversekering vanaf R1,230 vir   onder 70-jariges, R2,930 vir onder 80’s. 

  •  Senior polis op aanvraag beskikbaar. 

  • Schengen visum

 

 

NOTA: Reisplan is onderhewig aan verandering na gelang van  tydskedules, veiligheidsomstandighede en -regulasies

 

Registrasie proses:
 

Voltooi asb hierdie registrasievorm en e-pos, faks of whatsapp die dokument tesame met u inbetalingstrokie na ons kantoor.  Besprekings word op ‘n “first-come, first-served” basis hanteer.  Gebruik asb u VAN gevolg deur die kode 24AprSJ as verwysing met inbetaling.  Ons bankbesonderhede reflekteer op die registrasievorm. 

 

e-pos: tafelberg@stargateint.co.za   Faks:  086 634-3775   Whatsapp: 082 478-0895

bottom of page