Paulus se sendingreise in Griekeland 2023
top of page
Ritme-01_Transparent.png
Paulus se sendingreise in GRIEKELAND onder leiding van
Prof Stephan Joubert  &  Dr Johan Smit

 

BUITELYNE VAN DIE REISPLAN
(O)-Ontbyt       (O*)-Ontbyt aanboord       (M)-Middagete       (A)-Aandete       (A*)-Aandete aanboord

Dag 1: Donderdag 30 Maart JOHANNESBURG – DOHA      

 

Ontmoet vanaf 16:30 by die Qatar lugredery inboek-toonbank op Johannesburg se O.R.Tambo Internasionale lughawe.  Bespreek u bagasie na Athene deur.  Vertrek om 20:25 na Doha.  Oornag aan BOORD  (A*)

Dag 2: Vrydag 31 Maart DOHA – ATHENE – KALAMBAKA

Arriveer om 05:45 in Doha en sluit aan by die 07:35 vlug om teen 12:15 in Athene neer te stryk.  Ontmoet u toergids en vertrek deur die vrugbare Thessalië streek wat ook bekend staan as die “broodblik van Griekeland”.  Ons bestemming is Kalambaka waar ons betyds vir aandete arriveer.  Oornag in KALAMBAKA  (O*)(A) 

 

Dag 3: Saterdag 01 April METEORA – VERIA – THESSALONÍKA

Bring vandag besoek aan die Bisantynse kloosters van Meteora, waar monnike teen die aanslag van die Roomse ryk geskuil het. Besoek die kloosters van Meteora waarvan sommige hoog op rotsformasies lyk asof hulle in die lug hang, met hul manjefieke Bizantynse kunswerke.  Besoek die Groot Meteoron heilige klooster, die St Stephan en die Varlaam klooster, die Drie-eenheid klooster en die klooster van Rousanou.  Reis na Veria en geniet middagete by ‘n plaaslike restaurant.  Ons volgende stop is die museum van die koninklike grafkelders van Vergina en Dion in Veria. Sien Paulus se Podium Monument in die middedorp. Reis dan verder vir aandete en oornag in THESSALONÍKA (O)(M)(A)  

 

Dag 4: Sondag 02 April THESSALONÍKA      

Ons word ontmoet vir ‘n besigtigingstoer en sien hoogtepunte soos die stad se skansmure, Galerius se boog, Rotunda monument, die Basilika van Demetrius, Archeiropoietos kerk en die Vlatades klooster. Geniet middagete by ‘n plaaslike restaurant.  Oorplasing na ons hotel waar die middag vry is om die omgewing op eie stoom te verken.  Aandete en oornag by ons hotel in THESSALONÍKA  (O)(M)(A) 

Dag 5: Maandag 03 April FILÍPPI – THESSALONÍKA      

Vertrek vanoggend na antieke Neopolis, vandag bekend as Kavala en reis na Filíppi waar ons besoek bring aan die archeologiese museum, Lidia se doopfont en die geheime grafkelder waar Paulus gevange gehou is. Geniet middagete by ‘n plaaslike restaurant.  Sien die Akropolis met sy teater, die Basilika en tronk van Paulus en Silas.  Keer terug na ons hotel vir aandete en oornag in THESSALONÍKA (O)(M)(A)   

Dag 6: Dinsdag 04 April THERMOPYLAI – DELPHI   

Vertrek vanoggend na Thermopylae met sy warm sulfaatfonteine. Sien die standbeeld van die oorlogskoning Leonidas en reis verder na Delphi. Geniet middagete by ‘n plaaslike restaurant. Teen die hange van die berg Parnassus besoek ons die oorblyfsels van die heiligdom bekend as Apollo Pithios. Besoek die museum en arriveer betyds vir aandete by ons hotel in DELPHI (O)(M)(A)  

Dag 7: Woensdag 05 April DELPHI – KORINTHE – ATHENE     

Vertrek vanoggend na Korinthe, die eertydse hoofstad van Griekeland. Steek die indrukwekkende Korinthe-kanaal oor en besoek die antieke markplein. Besoek die “Bema” of geregshof waarin Paulus deur Gallio verhoor is.  Sien die tempel van Afrodite op ‘n rotsagtige heuwel bokant die stad, die akropolis en antieke Agora.  Ons bestemming is Athene waar aandete by ons hotel bedien word.  Oornag in ATHENE  (O)(A)

Dag 8: Donderdag 06 April ATHENE 

Bring vandag besoek aan die Akropolis met sy magdom heiligdomme en altare; asook die heiligdom vir “die onbekende god”.  Besoek die Partenon wat vir ‘n kort tydjie as ‘n Christelike kerk gebruik is.  Sien die agora of markplein waar Paulus die evangelie verkondig het.  Sien die heuwel bekend as “Mars hill” of Areopagus. Sluit die dag af met vrye tyd in die woonbuurt wat bekend staan as die “Plaka”. Tussen die geplaveide straatjies met talle klein winkeltjies, sal u na hartelus kan koop, of sommer net by een van die straatkafees ontspan.  Aandete en oornag by ons hotel  in ATHENE  (O)(A) 

Dag 9: Vrydag 07 April ATHENE – DOHA

Na ontbyt word ons na die lughawe oorgeplaas vir die vlug wat om 13:45 na Doha vertrek.  Met die aankoms om 18:10 sluit ons by die 20:40 na Johannesburg aan.  Oornag aan BOORD  (O)(A*)

   

Dag 10: Saterdag 08 April JOHANNESBURG     

Stryk vroegoggend om 04:00 op Johannesburg se O.R.Tambo Internasionale lughawe neer  (O*)

OPSIONELE VERLENGING vir ‘n GRIEKSE EILANDE bootvaart

 

Dag 9: Vrydag 07 April ATHENE – MYKONOS     

Oorplasing na die Piraeus hawe waar ons aan boord stap vir die Griekse eilande bootvaart.  Vertrek om 13:00 en vaar na Mykonos waar ons om 18:00 arriveer.  U het die aand tot u beskikking om Mykonos op eie stoom te verken.  Opsionele uitstappies word deur die skip aangebied. Vertrek weer om 23:00 en vaar na Kusadasi.   Oornag aan BOORD  (O)(A)

Dag 10: Saterdag 08 April KUSADASI – EFESE – PATMOS   

Meer om 07:30 in Kusadasi in Turkye vas.  Geleentheid vir ‘n besoek aan antieke Efese.  Keer terug na die skip en vaar om 13:00 na die rotsagtige eiland Patmos in die Egeïese see, waar ons teen 17:00 aanland. Geleentheid om die grot te besoek waar Paulus volgens oorlewering die Openbaring aan Johannes geskryf het.  Ons vertrek weer om 21:30 en vaar na Heraklion.  Oornag aan BOORD  (O)(M)(A)

Dag 11: Sondag 09 April HERAKLION – SANTORINI    

Arriveer om 07:00 in Heraklion waar ons die oggend tot ons beskikking het om die eiland te verken.  Opsionele uitstappies word deur die skip aangebied.  Vertrek weer om 12:00 om teen 16:30 in Santorini vas te meer.  Geleentheid om die eiland op eie stoom te geniet.  Opsionele uitstappies is beskikbaar. Ons vertrek weer teen 21:30 om na Athene terug te keer.  Oornag aan BOORD  (O)(M)(A)

Dag 12: Maandag 10 April ATHENE   

Arriveer om 06:00 in Athene en na die lughawe oorgeplaas vir die vlug wat om 13:45 na Doha vertrek.  Met die aankoms om 18:10 sluit ons by die 20:40 na Johannesburg aan.  Oornag aan BOORD  (O)(A*)

Dag 13: Dinsdag 11 April JOHANNESBURG    

Stryk om 10:20 op die O.R.Tambo Internasionale lughawe neer  (O*)

TOERPRYS 10-DAG TOER (30 Maart – 08 April):  R36,980 per persoon 

Tariewe soos volg bereken:    Groep-lugreisgeld:  R8,590   /   Landreëlings:  R28,390 / €1,670

                      

OPSIONELE BOOTVAART VERLENGING:  vanaf R10,980 per persoon wat deel in ‘n Binnekajuit.   Supplement vir opsionele opgradering na Buitekajuit vanaf R1,980 per persoon of ‘n Suite vanaf R4,980  

 

Tariewe word deur die diensleweraars gedek tot op R17,00 teenoor die Euro en toerkoste sal aangepas word indien die Rand sou verswak.  Weens die beperkte aantal plekke beskikbaar vir hierdie toer, word u inskrywing en deposito so gou as moontlik benodig om u sitplek te verseker.

Alle tariewe onderhewig aan beskikbaarheid en herbevestiging tydens bespreking

INGESLUIT:
• Ekonomiese retoervlugte insluitend lughawebelasting en
  brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings soos per program
• Ontbyt, middagete en aandete daagliks soos per program
• Vierster akkommodasie
• Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse
• Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
• Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere,
  hotelpersoneel

 

UITGESLUIT:

Opsionele enkelkamerverblyf supplement R6,765

• Opsionele reisversekering vanaf 

   R1,230 vir onder 70-jariges R2,930 vir onder

   80’s.  Senior polis op aanvraag beskikbaar

• Verkryging van die Schengen visum 

 

Opsionele GRIEKSE EILANDE verlenging:

• Opsionele bootvaart met opsionele uitstappies 

  deur die boot aangebied

• Turkse gratis aanlyn visum

• Fooitjies tydens die bootvaart

 

Reisplan en hotelle is onderhewig aan verandering na gelang van tydskedules en veiligheidsituasies

Besprekings:
 

Voltooi asseblief hierdie regsitrasievorm en betaal u deposito van R15,000 per persoon plus reisversekering van R1,230 vir onder 70-jariges.  E-pos (tafelberg@stargateint.co.za) of faks (086 634-3775) of Whatsapp die registrasievorm (083 453-6505) tesame met u inbetalingstrokie (deposito plus reisversekering R16,230) na die Stargate International kantoor.  Reisversekering moet saam met u deposito betaal word indien u die volle reisdekking wat die TIC polis bied, wil verkry.  

Bankbesonderhede reflekteer onderaan die registrasievorm.

 

Nota:  Indien u nie van die groepsvlugte gebruik maak nie, sal ‘n R1,500 heffing geld vir u ongebuikte groepsbespreking by die lugredery

Laai die registrasievorm af by hierdie skakel.

bottom of page