Ekerk | Skryf in
top of page

SKRYF

HIER IN

Ekerk-nuusbriewe is die maklikste manier om deel te word van die ekerk-gemeenskap!

Die nuusbriewe word per e-pos versend en jy kan hulle ook op die web, of op ons sosiale media platforms lees. Jy het net jou naam en e-posadres nodig om in te skryf en jy kan kies watter nuusbriewe jy wil ontvang of nie. Daar is ’n verskeidenheid van nuusbriewe deur ’n span medewerkers – hulle skryf oor allerlei onderwerpe, maar alles is gebaseer op die Woord.

Ons sal nooit jou epos adres verkoop, of vir ander mense gee waarvoor jy nie uitdruklik toestemming gegee het nie, en jy kan self enige tyd jou inskrywing kanselleer of verander. 

Kies hieronder waarvoor jy wil inskryf, en laat ons gerus weet as jy enige vrae het!

Skryf in hieronder om weekliks 'n epos te ontvang om tematies saam te reis met God se Woord:

  • 12 Weke Bybelskool wat handel oor die Romeine.

  • 12 Weke reis saam oor Bybelse Wysheid.

  • Ons Openbaring Bybelskool waar ons elke week 'n hoofstuk uit Openbaring bespreek.

  • Skryf in om oor 'n paar weke saam te leer wat God se wil is vir jou lewe.

  • Ons het ook 'n Groei Kursus waar ons oor 'n paar weke saam vra hoe ons nader na God kan groei.

Skryf in hieronder om een, of al van die volgende eposse te ontvang:

  • Goeie Nuus word elke Maandag en Donderdag gestuur.

  • My Lewe nuusbrief word elke twee weke gestuur en vra hoe ons ons lewens in lyn met God se roeping op ons lewe kan kry.

  • My Wêreld nuusbrief word elke twee weke gestuur en vra hoe ons as gelowiges die wêreld om ons moet hanteer.

  • Leier Nuusbrief word elke twee weke gestuur en fokus op geestelike leierskap.

bottom of page