Hoe kry jy wysheid?
top of page

Hoe kry jy wysheid?


Hoe kry jy wysheid, God se soort? Wel, jy jaag dit na met alles in jou. Wanneer Wysheid self aan die woord is in Spreuke 8:17, beloof sy: “Wie My soek, vind my.” Wysheid is belangriker as enigiets anders. Dit maak jou vir altyd skatryk in God. Dit waarborg vir jou ’n mooi en vol lewe in sy nabyheid. In Wysheid se eie woorde: “Ek het diegene lief wat my liefhet” (8:17)… Wat ek vir jou gee is beter as die fynste goud, wat ek na jou toe bring is beter as die fynste silwer” (8:19).

Daar is net een manier hoe jy die Here se wysheid baasraak: Jy moet jouself bekeer. Natuurlik bekeer jy heel eerste tot die Here. Maar as jy nie sy wysheid aanhoudend soek met alles in jou nie, sal dit nooit in jou hart en in jou gedagtes posvat of groei nie. Jy kort ’n tweede bekering in jou lewe, ‘n bekering tot die Here se wysheid.

Spreuke 2:2-5 roep jou op om jou ore gedurig wawyd oop te maak vir wysheid. Jy moet wysheid afsmeek van die Here en dit soek soos ’n verborge skat. Jy moet dit soek soos wat jy na silwer en goud soek. Dan sal jy weet hoe om die Here reg te dien. Dan sal jy ontdek wat dit beteken om God van harte te ken! Die Here se wysheid word prakties ingeoefen as jy Hom voorop stel in jou gedagtes, jou lewe, jou vrye tyd, jou sport, jou kerk. Jy doen dit intensioneel. Jy kies oor en oor om aan die Here te dink. Jy kies ook om na te dink oor hoe om reg op te tree in elke situasie, tussen jou vriende, en waar jy ook al is.


bottom of page