By die kruis het God alles gesê wat Hy wou en moes
top of page

By die kruis het God alles gesê wat Hy wou en moes


Dit is vreemd dat party mense God in die aanklagbank plaas wanneer slegte dinge gebeur, maar wanneer dinge voor die wind gaan, dan is dit nie Sy skuld nie. Nee, dan is dit hulleself wat so hard werk, of die noodlot, of wat ookal. Wel, die volle waarheid is dat God graag goeie dinge vir ons doen. Alle goeie gawes kom van Hom af sê Jakobus 1. Die Here praat hard met ons wanneer goeie dinge gebeur, nie andersom nie. Hy maak ons nooit seer om ons aandag te probeer trek nie. Die kruis het oorgenoeg seer gebring vir hom. Daar het God alles gesê wat Hy wou sê, en wat Hy moes sê.

Die Here spesialiseer in genade. Hy is op sy heel beste wanneer mense se nood en verlorenheid die grootste is. Op sy hemelse plaas groei genade altyd welig. Daarom dat God graag oor en voor met ons almal begin. Hy blink uit in tweede, derde, duisendste kanse! Niks wat ons ooit gedoen het, tans doen, of in die toekoms nog gaan doen, kan maak dat Hy meer of minder van ons hou nie. (So beskryf Philip Yancey genade.) Die Here het ons lief. Punt!


bottom of page