Kyk die Here se goedheid raak
top of page

Kyk die Here se goedheid raak


Hoekom is almal van ons so lief om probleme raak te sien? Hoekom is die meeste mense, of hulle nou hier in Suid-Afrika bly, of doer in die groen weivelde van die eerste wêreld, ewe foutvinderig? Dan Gilbert bied ’n interessante antwoord hierop. In ’n kort studie wat pas in Juniemaand in die VSA gepubliseer is, bevind hierdie Harvard professor dat wanneer sekere probleme verdwyn, dan vergroot mense net daar hulle bestaande probleme. Dan word klein klippies skielik groot rotse. Hoe beter enige situasie word, hoe meer kritiseer mense dit. Daarom sien die meeste van ons vordering selde raak. Of dit nou in die kerk is, of by die werk- ons is foutvinders. Daarom dat die kerk ook so vol klakouse is. Ons almal benodig die Here se beter kyk, daardie soort kyk wat maak dat ons sy goedheid heel eerste in en rondom ons raaksien. Dan sal ons minder krities en veroordelend wees. Nou toe, kom ons doen dit. Kom ons kyk elke mooi ding raak wat vandag rondom ons gebeur. Kom ons dank God ook in dieselfde asem hiervoor soos wat 1 Tessalonisense 5:16-18 ons leer om te doen.


bottom of page