Leier Nuusbrief deel 1 Januarie 2019
top of page

Leier Nuusbrief deel 1 Januarie 2019


Die vyand van leierskapsontwikkeling

En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En die God wat vrede gee, sal by julle wees (Filippense 4:9).

Paulus sê hier hoe ons moet leer om te lei en hoe ons ander moet voorberei om te lei. Hier is ‘n baie belangrike les om te leer uit hierdie vers.

Almal van ons het onderrig, modellering en afrigting nodig om te ontwikkel in die leiers wat God wil hê dat ons moet wees.

En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En die God wat vrede gee, sal by julle wees (Filippense 4:9).

Dit moet julle doen – afrigting (coaching)

Leer – onderrig

Gesien het – modelleer.

Elke komponent het ‘n doel. Jy kan nie ‘n groot leier word deur een te doen en die ander te verwaarloos nie. Dink ‘n bietjie oor hierdie vraag:” Waar is jou grootste gaping in leierskapsontwikkeling?”

Wat word vir my ontwikkeling benodig

‘n Leier moet hierdie vrae gereeld besoek oordink tydens sy leeftyd, omdat jou omgewing verander en omdat jy op nuwe vlakke moet lei. Leiers hou aan ontwikkel.

Hoekom neem kerkbywoning af?

Min mense sal stry dat kerkbywoning besig is om af te neem. Die meerderheid gemeentes groei nie. Elkeen van ons het ons eie idees waarom dit gebeur. Redes sluit in dat ons land besig is om van sy Christelike wortels weg te beweeg. Daar is ook massiewe kultuurskuiwe in ons volk. Mense woon ook nie eredienste so dikwels by soos hulle ouers nie.

‘n Klein verandering in bywoningsgedrag het ernstige gevolge vir die totale bywoningsyfer al het geen lidmaat die kerk verlaat nie. Hierdie verandering is so subtiel dat gemeentes dit selde vroeg herken.

Die kern van die probleem is nie dalende getalle nie, maar verminderde toewyding. Lidmaatskap van ‘n gemeente word progressief minder betekenisvol. Dan sal toewyding natuurlik afneem. Daar is sekere moontlike benaderings om dit te hanteer:

1. Verhoog die verwagtings van lidmaatskap.

Baie lidmate dink nie lidmaatskap van ‘n gemeente is belangrik nie. Niemand het nog ooit vir hulle anders vertel nie.

2. Vereis ‘n toelatingsklas vir lidmaatskap.

Deur dit te doen sê die gemeente lidmaatskap is belangrik. In die klas moet die verwagtings van wat van ‘n lidmaat verwag word duidelik uitgespel word.

3. Moedig betrokkenheid by bedienings aan.

Baie lidmate woon minder die eredienste by, want hulle speel geen rol in enige bediening nie. Hulle voel nie dat hulle ‘n integrale deel van die gemeente is nie.

4. Bied meer opsies vir eredienstye.

Ons kultuur is ‘n 24/7 bevolking. Sommige lidmate moet werk tydens eredienste. Indien moontlik gee aan hulle opsies.

5. Moniteer die bywoning van elke lidmaat.

Dit is moeilik. Miskien moet dit in groepe gedoen word. Lidmate sal nie sommer wegbly as hulle weet iemand gaan hulle mis nie.

Mense wil graag deel wees van iets wat ‘n verskil maak. Hulle wil graag betrokke wees by iets groter as hulleself. Ongelukkig word lidmaatskap in baie gemeentes toenemend minder betekenisvol. Ons moet ons gemeentes terugkry na die toegewyde lidmaatskap waarvan Paulus in 1 Korintiërs 12 praat. As lidmaatskap weer werklik betekenisvol word sal ons gemeentes weer ‘n onstuitbare krag word vir die koninkryk en heerlikheid van God.

Depressie

Ten beste van tye is depressie moeilik. Dit is veral erg oor vakansietye soos Kersfees. Dit herinner jou aan geliefdes wat nie meer daar is nie. Net die gedagte om met gelukkige mense te meng, maak jou mismoedig. Hoe kan die mense so gelukkig wees as jy hartseer is? Hoe kan die mense feesvier as jy rou?

Jy voel asof jy wil weghardloop en wegkruip van die sosiale verpligtings en besig wees. Jy raak ontsteld as die onsensitiewe mense vir jou sê ”Lyk gelukkiger!” jy voel asof jy jou hartseer wil verdrink met alkohol, kos, ens. Nie een van hierdie opsies sal jou depressie verlig nie. Hulle sal dit net vererger.

Hoe kan jy deur hierdie vakansietyd kom terwyl jy terselfdertyd tot jou langtermyn genesing bydra?

1. Gebed

Lyk te ooglopend, maar dikwels sien ons nie die ooglopende raak nie. Bring jou las na die Here. Vertel hom van jou vrese en vra sy hulp om jou deur hierdie dae te dra. Bely: “Here ek is swak; ek het U hulp en geduld en vreugde nodig. Ek sal op U alleen vertrou om my deur hierdie moeilike tyd te dra”. Die evangelie kan enige pyn verander in die beste terapie.

2. Deel

Nie almal in jou familie en vriendekring verstaan depressive nie. Sommige verstaan dit wel. Skakel hulle of praat met hulle oor jou toestand. Vra dat hulle vir jou moet bid en moet ondersteun in hierdie moeilike tyd. Vra dat hulle by sosiale geleenthede aan jou sy moet wees en jou beskerm teen diegene wat depressie glad nie verstaan nie.

3. Beplan

Dit is onwys om jou van alle sosiale geleenthede te onttrek, maar dit is nie nodig om elke sosiale geleentheid by te woon nie. Totale onttrekking sal jou net meer depressief maak. Maar jy het nie die emosionele brandstof om elke sosiale geleentheid by te woon nie. Beplan vooraf. Besluit watter geleentheid jy gaan bywoon en hoe lank jy daar gaan bly. Probeer geleenthede op opvolgende dae vermy. Jy het tyd nodig om om stil te wees en jou batterye te herlaai. Jy het genoeg tyd om jou energievlakke te herlaai nodig.

4. Roetine

‘n Gereelde roetine is nodig vir mense met depressie. Jou liggaam, brein en siel floreer as jy ‘n voorspelbare patroon van slaap, eet, werk en ontspanning volg. Dit word bedreig deur die ongereeldheid en onvoorspelbaarheid van die vakansie. Probeer so ver as moontlik by jou roetine bly.

5. Oefening

Hou vol met jou oefeninge. Dit raak moeilik tydens vakansietye. Daar is so baie rondsit en eet. As jy nie by die gym kan kom nie, stap elke dag ten minste vir 20 minute in die buitelug.

6. Preek vir jouself

Jy het ‘n interne storie wat jy vir jouself vertel. Jy het daardie storie die afgelope paar maande herskryf: die donker hoofstukke oor wat jy verloor het met die pynlike sterftes in die familie oor die afgelope paar maande, het nou plek gemaak vir ligter paragrawe oor hoeveel jou geliefde in die hemel gewen het en jou hoop op ‘n uiteindelike en ewige reünie. Jy het ook deur God se genade daarin geslaag om daardie deel van die storie wat fokus op hoeveel jy nog in jou lewe het, uit te brei. Jy sal nou fokus op die vervreemding met jou geliefdes en hoeveel jy hulle mis. Jy sal geneig wees om ‘n hoofstuk te skryf ons kan nie hierdie werklikheid ontken nie, maar miskien moet jy ‘n parallelle hoofstuk skryf. Skryf ‘n hoofstuk oor hoe God jou met Hom versoen het deur die dood van sy Seun aaan die kruis (Efes 2:14 – 18 en 2 Kor 5:18 – 21).

As jy jou gedagtes op die grootste versoeningstorie fokus sal dit jou help om jou bitter ondervindings te balanseer. Dit sal jou hoop gee vir God se vesoeningsmag. Jy kan ook jouself help deur die evangelie te sing.

En sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here (Efesiërs 5:19).

7. Preek vir ander

Hoekom kyk jy nie vir en gebruik geleenthede om vir ander te getuig nie. Die ongelowiges in jou familie wil kyk hoe jy jou verlies en/of depressive hanteer. Hulle sal sien dat jy treur en sal wil weet hoe dit met jou gaan. Bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd (2 Korintiërs 6:10). Wat ‘n uitstekende antwoord. Dit sal hulle verras. Dit kan ook ‘n aantal goeie gesprekke tot gevolg hê. Soms is om ander te bedien die beste manier om jouself te bedien.


bottom of page