He’s almost a teenager / She’s almost a teenager [resensie]
top of page

He’s almost a teenager / She’s almost a teenager [resensie]


Hier het jy twee boeke deur dieselfde span van twee egpare wat skryf oor die moeilike onderwerp, wat beteken dit om ‘n tiener in die huis te hê? Watter uitdagings stel modern tieners aan hulle ouers? Wat verwag hulle van hulle ouers? En wat moet ouers vir hulle tieners doen en sê?

Jy weet jou oulike kind is besig om ‘n tiener te word wanneer jou kind verander. Waar hy of sy voorheen tyd saam met jou tyd wou spandeer, wil hulle nie nou dat jy hulle hand vashou of hulle soen, of saam met jou op sommige plekke verskyn nie.

Dis ‘n tyd van verandering vir jou kind, en as jy jou kind wil verstaan en help om die uitdagings van hierdie tyd suksesvol te navigeer, is dit belangrik dat jy die veranderinge snap. Daarom kry jy hier uitstekende inligting oor fisiese en emosionele veranderinge en die invloed daarvan op jou kind se geestelike lewe. Maar jy kry ook verdere nuttige inligting, oor sosiale media en die invloed daarvan op en gevare daarvan vir jou kind, hoe belangrik die balans is tussen skoolwerk en ‘n sosiale lewe, verhoudings met die teenoorgestelde geslag, ensomeer.

Die twee boeke toon ooreenkoms vir sover dit struktuur betref maar die inhoud in die onderskeie afdelings verskil en reflekteer die groot verskille tussen tienerseuns en –meisies. En dit maak elke boek so effektief, omdat dit op ‘n spesifieke kind afgestem is.

Dit begin met die prentjie van die einde in sig, die Big-picture talk, voor dit na onderskeie temas in hierdie gesprek kyk, oor vriende en die verskuiwing in jou kind se lojaliteit weg van julle gesin na maats, die gesprek oor die liggaam wat skielik deur hormone verander en gedryf word, oor tegnologie en geloof, die akademiese lewe en geld, en dan ook die gesprek oor seks.

Die boeke bevat praktiese voorstelle van dinge wat jy saam met jou tiener kan doen en waaruit julle albei gaan leer, en ook meer van mekaar gaan leer. Trouens, die klem op die praktiese is juis een van die grootste winspunte in die boek. Dis nie blote teorie nie (alhoewel die feitelike inligting in die boek korrek is en keurig gebruik word). Die boek is ‘n praktiese handleiding oor hoe om die tiener in jou huis te oorleef.


bottom of page