Die trefferparades is nie altyd daar waar die beste musiek te hoor is nie
top of page

Die trefferparades is nie altyd daar waar die beste musiek te hoor is nie


As jy slegs na die trefferparade van die dag luister, dan bepaal populêre opinie uiteindelik jou smaak. Ons massaproduksie-wêreld laat jou immers glo dat slegs “Top 20” musiek, of net “MasterChef” kos in tel is. Of dat die nommer een fliek altyd ’n Oscar bekroonde fliek moet wees. Maar soms is die heel kosbaarste skatte op die stilste paaie te vind. Dit is definitief waar op die Here se roete. Sy grootste skatte lê steeds versteek in daardie hoofstukke en boeke van die Bybel wat niemand ooit lees nie. Almal staan graag rond op die top tien Bybeltekste van 2018, maar dit is juis in die stil hoofstukke van die Bybel waar onontdekte suiwer goud verpak is. Lees steeds daardie gewilde Bybeltekste. Maar as jy geestelik verder wil groei, moet jy ook leer om hemelse goud te delf wat veel dieper in die Woord versteek is. Jy moet leer om die Woord wyer te lees. En om dit dag en nag te oordink. Dan sal die woorde van Psalm 1 waar wees oor jou lewe dat jy soos ’n boom is wat geplant is langs die waterstrome. Dan sal jy op die regte tyd vrugte dra, vrugte wat die Here se hart bly maak.


bottom of page