Daardie “sonde” van verkeerd verstaan

Deur Stephan Joubert


Bo en behalwe die “sonde van goeie bedoelings", waarby ons in die vorige blog stilgestaan het, is daar ook nog die immgewilde, en ietwat meer subtiele “probleem van verkeerd verstaan.” Gereeld moes ekself al vir mense sê: “julle het my verkeerd verstaan.” Wel, soms is dit regtig waar. Partykeer luister mense deur ander filters as wat ek praat. Ek meen, as ek A gesê het, en iemand anders hoor uit die bloute B terwyl die res van die gehoor/lesers/vriende inderdaad ook A gehoor het, dan is daar byewas in die verkeerde hoorder se ore.. Of so iets! Dan mag ek inderdaad vir hom of haar sê: “jy het my regtig verkeerd gehoor” sonder om sleg te voel.


Wel, dis nie hierdie soort “verkeerd verstaan” waaroor ek eintlik wil praat nie. Daar’s 'n ietwat meer subtiele vorm van “verkeerd verstaan” wat onder ons groei soos onkruid. Soms duik hierdie woorde ook op my eie lippe op wanneer ek uit een of ander verknorsing probeer wegkom. Wanneer ek in die sop beland het oor iets wat ek gesê het en iemand druk my in ‘n blik, dan is die eerste woorde op my lippe soms iets soos: “Jy’t my verkeerd verstaan.” Hierdie nood-sinsnede mag dalk die hoorder later oortuig, maar ek weet diep in my hart dis nie waar nie. Daarom dat ek die Here vra om my baie sensitief vir sulke noodleuens te maak en om my nog eerliker met myself te raak. Noodleuens hoort nie in ons sisteem nie.

Ek moet sê wat ek bedoel, of stilbly. As ek weet iemand wat van my verskil het my reg gehoor, dan moet ek volle verantwoordelikheid vir my woorde aanvaar, al ontstel dit hulle. Dan is die enigste deursigtige manier om nog meer breedvoerig te verduidelik wat ek wel gesê het, sonder om ‘n vals ontsnappingsroete uit my verknorsing te probeer soek. Integriteit voor God en ander gaan oor deursigtigheid en eerlikheid. Anders speel ek kat-en-muis met die waarheid.

Views: 9

Tags: stephanseblog, watookal/whatever

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur Vernon op 28 Maart 2010 om 19:15
Hi,
Soms gebeur dit met my ook wanneer ek te haastig is en ek nie tyd maak om reg te hoor nie wat die die ander persoon se nie. Dit gebeur veral tydens oomblikke wanneer ek haastig is en iemand my op die verkeerde oomblik betrap en dan reageer ek sonedr om behoorlik na te dink of sonder om my reg uit te spreek. Ons moet meer tyd vir die mense met wie ons in aanraking kom en sensitief wees vir hul se goed. Wat dit kan dalk net wees dat ons onsself van belangrike goed of inligting wil uitsluit.

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
32 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service