"En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe" (Galasiers 2:20).

 

Vir jare het ek die Bybel gelees totdat ek eendag hierdie vers baie stadig gelees het.  Ek het die IN omkring om die gedagte uit te lig dat Christus waarlik IN my as mens LEWE!  Dit is 'n oneindige groot ontdekking as dit tot jou deurdring.

Andrew Murray stel dit so treffend in sy boek, "Die hartklop van God": "In hierdie woorde druk Paulus drie groot gedagtes uit:

 

Eerstens: ek is met Christus gekruisig.  Toe Christus aan die kruis gesterf het, het Hy al God se kinders in DIE dood laat deel.  Soos wat ons almal in Adam gesterf en sy sondige natuur geerf het, is ons ook almal saam met Christus gekruisig. Die krag van sy dood werk elke dag in ons. Soos Christus het ons vir die sonde gesterf, en moet voortaan vir God lewe. Ons vereenselwiging met die gekruisigde Christus is daarom van die grootste belang.

 

Paulus se tweede gedagte is dat hy wel leef, en tog is dit ook nie meer hy wat leef nie.  Omdat hy aan die dood van Christus deel gehad het, kon hy met oortuiging se dat hy nie meer lewe nie. Sy lewe is oorgegee aan die dood aan die kruis.  So sien ek ook deur die geloof myself vrygestel van die doodsvonnis wat op my gerus het.

 

Die derde gedagte is dat Christus in hom wat Paulus is woon.  DIT is die groot geheim van 'n lewe soos wat Christus gelei het. Christus is nie alleen vir my gekruisig nie, Hy tree nie alleen vir my in nie, maar Hy woon ook in my. Soos wat sy Vader in Hom gewoon en gewerk het, woon en werk Christus in ons."

 

Hierdie is lewendmakende woorde! Ek kan alleen Christus se inwoning in myself ervaar as ek dood is vir die wereld en die eie ek. Laat ons God toelaat om elke dag sy wil in ons laat geskied. Ons kan verseker weet dat ons volkome aan God verbind is deur die Heilige Gees wat in ons werk. Mag die Heilige Gees ons gedrag voortdurend bepaal en in elke keuse en besluit van ons teenwoordig wees. Mag ons in hierdie Kerstyd, toelaat dat Christus weer opnuut in ons harte gebore word!  Seenwense.

BRON: Murray,A. Die hartklop van God. Lux Verbi.BM, Wellington. 2003.

Views: 4

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 21 Desember 2010 om 20:23

'n Wonderlike insig dat Christus werklik deur sy Gees in ons kom woning maak het ! 

Vrede !

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
32 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service