Brood

Meel. Brood. Stapelvoedsel. Regoor die wêreld. Wie kan nog onthou toe 'n brood 5c gekos het? Later 20c. En nou al in die orde van R10-12! In die Bybel lees ons op verskeie plekke van brood as voedsel - dit is een van die oudste gebakte kossoorte wat bestaan. In die woestyn het die Here vir die Israeliete 'n ander soort brood gegee: brood uit die hemel: manna (In Psalm 78:25 word dit beskryf as "die kos van engele"). Stapelvoedsel vir die duisende mense vir 40 jaar lank. Maar Hy het hulle ook geleer "....dat mense meer as brood nodig het om van te leef. Ware lewe vir die mens kom van elke woord uit die mond van die Here" (Deuteronomium 8:3).

Kyk bietjie wat leer Johannes ons:

Johannes 1:1 Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.
Johannes 1:14 En die Woord het mens geword en by ons kom woon.

En Jesus:

Johannes 6:35 "Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger word nie...."
Johannes 6:47-48 "Ek verseker julle, wie aanhou glo, het reeds die ewige lewe. Ek is die brood wat lewe gee."
Johannes 6:51 "Ek is die brood wat lewe gee, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir altyd lewe."
Johannes 6:68 Simon Petrus het Hom geantwoord: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat lewe gee."

Petrus snap dit: Sonder Christus kan 'n mens nie lewe nie! Dit het my laat dink aan die verkleurmannetjie: daar is ongeveer 160 spesies, hulle lyk verskillend en kom op verskillende plekke voor, maar het almal 'n klompie basiese ooreenkomste: Die kenmerkendste is hulle vermoë om saam te smelt met die omgewing (kamoeflering), hulle verander kleur na gelang van die omgewing. En die tong van die verkleurmannetjie - wat 'n fantastiese orgaan! Dit is naastenby 1.5 keer so lank soos die verkleurmannetjie se liggaam, dit skiet uit sy mond teen 26 liggaamlengtes per sekond en tref sy prooi teen 30 duisendstes van 'n sekond; die versnelling is verstommend: 30 G = 30 x 9.80665 m/s2 = 294.1995 m/s2! *
Dit het my laat besef: As die Woord (wat lewe gee) jou tref soos die tong van die verkleurmannetjie (wat dood veroorsaak) - jy gaan ervaar dat jou hele lewe radikaal verander. Teen 'n spoed! Teen die spoed van lig:

 
LIG

Johannes 8:12 "Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee."
Galasiërs 4:6 En omdat julle Sy kinders is, het God die Gees van Sy Seun gestuur om in ons te lewe.
Kolossense 1:27 Christus leef in julle.

Die spoed van lig is 299792,458 m/s. Lig is energie. Lig kan disperseer in rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet (infrarooi en ultraviolet is nie met die menslike oog sigbaar nie). In teenstelling met lig, is swart is nie 'n kleur nie - dit is die afwesigheid van lig: Die lig verlig die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie (Johannes 1:5). Duisternis is die afwesigheid van energie. Energie gee lewe en LIG is lewe. Dink aan die son en die maan: Die son is 'n energiebol (hitte en lig) en dit verlig die maan; daarom lyk dit of die maan "skyn", maar eintlik weerkaats/weerspieël die maan net die son se lig. Net so moet jy 'n lig in 'n donker wêreld wees: "Julle is die lig wat die wêreld moet verlig....Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal uitstraal" (Mattheus 5:14-16).

Lig het egter 'n beperking: dit kan nie deur 'n opake voorwerp beweeg nie, maar dit kan wel die objek/voorwerp belig. Die beste van alles is: Wanneer die LIG jou voortdurend belig, word jy "só verander en nuut gemaak om al meer soos die Skepper te lyk" (Kolossense 3:10). Dan skyn Sy LIG in jou en jy straal dit uit. Dr Stephan Joubert skryf: "Toe die Son van Geregtigheid se eie lewenslig aan die kruis uitgedoof is, het Hyself 'n nuwe lig aangeskakel in ons pikdonker wêreld. Daarom leef ons nou in God se nimmereindigende nuwe lig."**

En nou moet jy dit altyd en oral en vir almal vertel:

Klank

Die spoed van klank is 343.2 m/s. Dit is maar stadig in vergelyking met die spoed van lig! Klank is ook energie. Klank word gegenereer op verskeie maniere - die moontlikhede is legio. Klank se enigste beperking: klankgolwe kan nie deur/in 'n lugleegte beweeg nie; klank het 'n medium nodig om te kan beweeg. En klank moet ook 'n ontvanger hê om iets te beteken.

Jesus sê: "Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral" (Markus 16:15).
Paulus moedig Timoteus aan: “Verkondig die Woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie" (2 Timoteus 4:2).
Selfs in die Ou Testament skryf Moses in Deuteronomium 6:7: “Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die huis en wanneer julle op pad is, wanneer julle lê of wanneer julle opstaan.”

Sending:

Ons kan die Heilige Gees wat in ons woon as 'n nalatenskap ("legacy") van Jesus Christus beskou, want in Johannes 14:16-17, Johannes 16:7,13,14 en Handelinge 1:8 (daar is ook ander tekste) beloof Hy die Heilige Gees aan Sy dissipels/volgelinge (gelowiges); en dus ook aan ons. Maar daar is veel meer as dit: "Christus lewe in my" (Galasiërs 2:20). Daarom het jy dit (Hom) wat nodig is om die Goeie Nuus te verkondig (Handelinge 1:8 "Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel").

In Handelinge 2:1-6 lees ons van die koms van die Heilige Gees met geluid/klank (soos 'n stormwind) en lig (vuurtonge) en dan het die gelowiges Sy Woord op hulle lippe (brood in hulle monde); boonop in verskillende tale. En al praat ons nie almal in (verskillende) tale nie, moet ons nog steeds ons lig laat skyn, die klank van die Evangelie laat hoor en die Brood van die ewige lewe uitdeel.

Nou: Gaan belig en beklank en bedien jou medemens met die Goeie Nuus van die Brood wat Lewe gee.

* Dankie Steven Booysen
** Uitgebrand - om lewe te gee!, Dr Stephan Joubert, ekerk, 26 April 2011

Views: 27

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 11 Mei 2011 om 10:46

Dankie Rudolph vir 'n verfrissende artikel wat stig en leer.  Ek wil graag mense belig en beklank en bedien met die Goeie Nuus dat Jesus Christus die wereld met God versoen het.

Vrede!

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
30 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service