Ek sal bly wees as iemand my vraag kan beantwoord aangaande die besnydenis en die klein doop. Het die klein doop die besnydenis vervang? Waarom se sommige kerke dat daar drie stappe is om in die hemel te kom, nl.

1. Bekering

2. Groot doop

3. Ontvang die Heilige Gees.

Dis so verwarrend! As ek wedergebore is, Jesus as my Verlosser aanvaar het, is die Heilige Gees dan nie in my teenwoordig nie?

Ons plaaslike koerantjie het juis weer hierdie saak vanuit die groot doop-standpunt gestel, met geeneen wat daarop die standpunt van die kleindoop verduidelik nie. Fanie, Pierre, Rudolph, Susan, Veronica ..... antwoorde! Asb.

Miskien kan iemand vir my 'n boek aanbeveel om te koop oor hierdie aspek wat bo genoem is. Dankie by voorbaat Ekerkers. Groete in Christus.

Views: 125

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur Susan op 12 Januarie 2011 om 15:41

22 Julie 2010 het betrekking Besnydenis en klein doop. Dit is nou 'n redelike tyd terug en ek wil weetof jy nou antwoorde gekry het?  Ek sal ook graag jou wil antwoord- stuur vir my 'n boodskap hieroor Lettie hoor.

Vredegroete

Susan

Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 23 Julie 2010 om 16:02
Ek het so baie dierbare broers en susters aan beide kant van die polemiek dat ek regtig niemand wil aanstoot gee nie. Soms dink ek dat ons glad nie meer in hierdie argumente betrokke moet raak nie. Lettie daar is 'n wonderlike boek van Prof. Adrio Konig oor die doop, die titel daarvan is : "Die doop as kinderdoop en grootdoop". Prof. Konig kyk regtig baie objektief na beide doop metodes. Hy is selfs 'n voorstander van die sogenaamde doop om jou kinderdoop te bevestig nadat jy dan tot bekering gekom het. Ek wil regtig nie in argumente betrokke raak oor die waterdoop en die doop met die Heilige Gees nie. Ek staan ernstig gevaar om dierbare vriende in Christus te vervreem.
Ek gee egter kortliks my siening (wat ook nie die enigste of regte is nie). Vanuit die belydenis waarin ek staan glo en beoefen ons die kinder- of beter gestel die verbondsdoop. God het met Abraham 'n verbond aangegaan dat Hy vir Abraham 'n God sal wees en dat Abraham en sy nageslag God se volk sal wees. Die teken van hierdie verbond (ooreenkoms, kontrak) is die teken van die besnydenis. Wat baie interessant is, is dat Abraham besny is toe hy negen-en-negentig jaar oud was, en Ismael sy seun was dertien jaar oud ( Gen. 17 :23-27 ).
Daarna moes alle seuntjies op die agste dag besny word. In Rom. 4 gee Paulus aan ons 'n goeie verduideliking van die regverdigmaking wat uit die geloof is. Vers 3 lees so : "Abraham het in God geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken". Vers 10 vra : "Hoe is dit dan toegereken ( die geregtigheid ) - toe hy besnede of onbesnede was ? Nie as besnedene nie, maar as ONbesnedene". Vers 11,"En hy het die teken van die besnydenis ontvang as seel ( bevestiging) van die geregtigheid van die GELOOF toe hy nog nie bsny was nie; dat hy die vader sou wees van ALMAL wat GLO terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word".
Deur Jesus Christus en ons verbondenheid aan Hom deur die geloof, is ons almal deel van hierdie ewige verbond wat God met Abraham en sy nageslag gemaak het. Daarom kan ons ook nou die teken van die verbond ontvang wat in die Nuwe Testament die doop is. Nou moet ons daarop let dat dat Abraham op 99 jarige leeftyd , Ismael op 13 jarige leeftyd en Isak op die 8ste dag, die teken van die verbond ontvang het.
Die verbondsteken het dus nie veel met die persoon te doen nie, maar dit het alles met God te doen.
In Kol. 2 verduidelik Paulus weereens hoe die verbond werk. Vers 11, "In wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te le in die besnydenis van CHRISTUS, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is IN die DOOP, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het".
Die voorstanders van die grootdoop (onderdompelingsdoop) beweer altyd dat babas nie kan glo nie en daarom ook nie gedoop behoort te word nie. Nou ja, dan kon Isak seker ook nie besny word nie want hy was maar agt dae oud toe hy en alle Joodse seuntjies na hom, besny is. Die besnydenis is die teken van die verbond wat God opgerig het tussen Homself en Abraham en sy nageslag na hom. Gal. 3 : 29 :"En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die BELOFTE erfgename".
In die Nuwe Testament vervang die doop die benydenis en word aan alle gelowiges en hulle kinders bedien as teken van God se verbond dat Hy vir ons 'n God sal wees en dat ons Sy eiendom is.
Ek hoop nie ek het jou nou heeltemaal deurmekaar gemaak nie. As jy die boekie van Konig nie in die hande kry nie, laat weet net, ek leen my kopie graag vir jou. Nou sal ek 'n pantser moet aan trek, want die klippe gaan reen. Wat die vraag oor die ontvangs van die Heilige Gees betref, ek skryf later daaroor.
Groete in Jesus.

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
29 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service