Die Boodskap vertaal Rom.8 : 28 as volg: “Ons kan nou van een ding seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewe gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit”.

Baie Christene gebruik hierdie teks met die implikasie dat alles op die een of ander manier ten beste sal uitwerk. ‘n Ander vertaling lees egter só: “In alles wat gebeur werk God vir die goeie saam met dié wat Hom liefhet.”

In al die rampe en beproewings wat ek persoonlik ondervind het, het ek gevind dat daardie belofte gestand gedoen word. Dinge gebeur, sommige goed, sommige sleg, en die meeste van hulle is buite ons beheer. In al hierdie dinge het ek die betroubare konstante van ‘n God gevind wat bereid is om saam met my en deur my te werk om iets goeds te bewerkstellig.

Een oggend steek die woorde van Pred. 9 : 11 in my kop vas: “Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook die guns vir die verstandiges nie; WANT TYD EN LOTGEVAL TREF HULLE ALMAL.” ( OAV )

Ek lees ‘n gebed van Barend Vos in die Groot Gebede Boek:

Here, hóé kan ek bid as ek nie weet nie - - -

Abri was skaars vyf

- U kon mos maar die swembad se hekkie toegestoot het !

Deon se plek was al bespreek by die universiteit

kon U nie maar die seemonsters,

wat U gemaak het om mee te speel, gestuur het

om hom uit die verraderlike seestroom te red nie ?

Glindy het reeds die fakulteit se pryse begin inpalm

kon U nie maar die stuurwiel by haar gegryp het nie?

Here, wát kan ek bid as ek dié dinge nie verstaan nie.

En ek sê saam met Barend, Here, is dit dan werklik soos die Prediker sê alles is tyd en lotgeval, gebeur alles dan bloot per toeval? Wat dan van Rom.8 : 28 ?

Totius skryf na die dood van sy dogtertjie wat deur ‘n weerligstraal getref is, die gedig: Die Godsbesluit.

Voor die onheilswoning en

tussen die skaars beblaarde

soetdorings staan, in droë aarde

maar lowergroen en blink van blad,

die wag–‘n–bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien

ek dorings krom en reg;

‘k sien takke inmekaar gedraai

en deurmekaar gevleg.

En wil ek in die blare gryp

Of aan die takke breek,

Dan tas ek in ‘n doringnes

Wat vreeslik haak en steek.

Bo al U donker bome, o Heer,

Groei my ‘n enk’le reusboom uit;

Dit is die wag-‘n-bietjie-bos

van U besluit.

Van ver so skoon, so groen so blink- - -

Maar hoe verward

Wanneer ek dieper kyk en dink

as wat ‘n sondaar pas.

En steek ek dan my hande uit

na U besluit,

dan gryp ek in die dorings vas.

Thornton Wilder het The Bridge of San Luis Rey geskryf om te probeer vasstel waarom vyf mense gesterf het toe ‘n brug in duie gestort het. Toe Jesus oor ‘n soortgelyke tragedie gevra is – waarom het 18 mense in ‘n konstruksie-ongeluk gesterf ? – het Jesus geweier om te antwoord. In plaas daarvan het Hy die vraag op die vraestellers omgekeer: Sal jy vir die dood gereed wees as ‘n toring op jou sou val ?

Die Bybel gee geen beslissende antwoorde op vrae oor oorsaak wat terugkyk , die “waaroms?” nie, maar dit bied hoop vir die toekoms, dat selfs lyding omskep kan word om goeie resultate te lewer.

Soms word die werk van God deur ‘n dramatiese wonderwerk geopenbaar. Soms nie, soos met my vriend Marius Kruger wat in sy middel veertigs ‘n week gelede aan kanker oorlede is. ‘n Jaar gelede het ek gehelp om DVD’s te versprei waarop hy getuig het dat God hom genees het - - - en toe – toe slaan die kanker weer toe ! En toe sterf hy met die naam van Jesus op sy lippe.

Is dit alles net tye en geleenthede – alles net toeval, is ons uitgelewer aan die noodlot ?

Madame Jeanne Guyon het geskryf:

“As dit vir jou absoluut noodsaaklik is om die antwoorde op die lewe se vrae te ken, vergeet dan maar van die reis. Jy sal dit nooit maak nie, want dit is ‘n reis van onnaspeurlikhede – van onbeantwoorde vrae, enigmas, dinge wat nie verstaan kan word nie, en bowenal, onregverdigheid.”

Ek dink die boodskap van Prediker is dat ons altyd gereed moet wees soos die vyf wyse maagde omdat ons van niks seker is nie. Ons weet nie wanneer die Bruidegom gaan kom nie. As ons nie waak en bid nie, oorval die onheil ons onverwags. Sonder Golgota en ‘n leë graf sou ons dit nie kon maak nie. Maar dank God dat ons HOOP het en hierdie hoop is Jesus Christus wat gesterf het en wat op die derde dag opgestaan het uit die dood.

Want die Bybel sê ; “Hiervan is ek oortuig ; geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” ( Rom. 8 : 38,39 )

Nee ! Dit is nie alles tevergeefs nie. Ons is nie uitgelewer in die hande van ‘n blinde noodlot nie, want “Ons WEET dat GOD alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” ( Rom. 8 : 28 )

- Yancey P. Reik uit na die onsigbare God. Zondervan, 2000. Grand Rapids, VSA.

- Die Groot Gebede Boek. Lux Verbi BM,2002, Wellington.

- Brink, A.P. Groot Verseboek. Tafelberg-Uitgewers, 2000. Kaapstad.

Views: 33

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur David Malherbe op 15 Augustus 2010 om 17:58
1 Kor 13:12 "Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is."
Kommentaar deur Jorrie Jordaan op 15 Augustus 2010 om 14:21
Fanie dankie vir hierdie artikel. Dit is so goed om die Skrif in sy geheel te kan beleef. Dit is vir my altyd moeilik om te lees of te luister waar ‘n vers gebruik word om n punt te maak of n standpunt te stel wat nie altyd verteenwoordigend is van wat die Bybel ons wil leer nie. Jy is in my gebede met die afsterwe van jou vriend. Lettie julle is ook in ons gebede. Ons het verlede week die goeie nuus ontvang, dat die behandeling wat my suster sedert November verlede jaar vir kanker ontvang het, die kanker nie weer begin groei het nie. Ons bly egter afhanklik van die doel wat die Here vir ons in ons tydelike aardse lewe het. Dit gaan egter eers oor die Here en ons as sy diensknegte op aarde.
Groete
Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 14 Augustus 2010 om 12:41
Dankie Lettie, ek bid ook vir julle en veral vir Ben dat hy positief sal bly. God is getrou Hy sal ons nooit,nooit in die steek laat nie. Hou vas aan Sy beloftes en weet dat daar .n LEWE is na hierdie aardse bestaan.
God's rykste seen vir julle.
Kommentaar deur Lettie Jacobs op 14 Augustus 2010 om 12:08
Ai Fanie, my innige simpatie met die dood van jou vriend, Marius Kruger. Net hierdie week was ons ook weer vir my man by die Cancer Centre in Windhoek, en ek kan ten minste se, ek verstaan. Die vrae kom soms baie sterk na vore, ek het 'n wonderlike man, hy drink nie, hy rook nie, hy is die volkmaakte pa vir sy kinders, hy was 'n dierbare onderwyser tot die kanker toegeslaan het en hy moes uittree. Hy, so 'n sagte mens, wat geen medemens enige kwaad aangedoen het nie, waarom die kanker? Ek wil net getuig dat hy die kankerstryd positief hanteer, en dit gaan regtig beter! Hy leef na aan sy God, met geen verwyte nie. Hy bly elke dag vir my 'n inspirasie. Daarom tref jou artikel my diep vanoggend, want dit troos en bemoedig. Ek het ook al tye geen woorde vir gebed gehad nie, en net gese, "Jesus". Dankie dat ons nie uitgelewer is aan 'n blinde noodlot nie, want "Ons WEET dat GOD alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit beroep is." (Rom. 8:28). 'n Geseende dag vir jou en groete in Christus.

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
28 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service