Ek is baie keer onseker oor baie dinge en sal graag antwoorde op baie vrae wou hê. Ek glo almal van ons is so. Ek sal baie graag kinders wou hê, maar dit is ongelukkig nie so vir my beplan nie, ek sukkel nog baie om dit te verwerk, maar as ek iets kan doen vir my niggie, of boetie se kinders, of as ek iets vir klein Gerrit kan koop, dan voel ek darem beter. Ek sal graag eendag vir my hemelse Pappa wil vra hoekom Hy die seer oor my pad gebring het, en hoekom die ongeluk met klein Gerrit moes gebeur. Maar ek weet een ding verseker, en dit is dat daar 'n doel met alles is. As dit nie vir die ongeluk was nie, sou die verpleegsters wat tot bekering gekom het as gevolg van sy getuienis dalk nie dieselfde pad gevolg nie. En as ek en my man kinders gehad het, sou ons nie soveel tyd en finansies gehad het om die res van die familie se kinders te bederf nie. Maar as ek elke oggend my en my Pa se afspraak nakom, en ek 'n bietjie met Hom kon gesels, en vertel van hoe ek voel. En sommer net om Sy skoot sit en Hom vertel van my dag, of Hom vra om saam met my deur die dag te gaan. Dan voel ek weer gevul met liefde, daardie stille rustige liefde wat 'n mens net kan ervaar as jy God se liefde in jou het. Daarom kom ek elke afspraak met God na, en gaan kuier ek in Sy huis elke Sondag. Want sonder Hom, kan ek nie 'n dag aanpak nie. Dit is net Sy liefde wat my aan die gang hou. Sonder God in my lewe maak niks sin nie. En al het ek al baie hartseer in my lewe ervaar, weet ek dat my Pa my nooit in die steek sal laat nie, en dat al die hartseer 'n leerskool is, sodat ek weer ander kan lei en help. Soos die engelse sê "if God brings you to it He can get you trough it". Al wat ons moet doen, is om ons daaglikse afskprake met hom moet nakom. En ons moet deel wees van 'n gemeente. Net soos 'n kooltjie nie warm kan bly as jy hom uit die vuur uithaal en eenkant neersit nie, net so sal ons nie die vuur van die Heilige Gees heeltyd in ons kan stook as ons nie gereeld Geestelike kos kry nie!!

Geniet julle afsprake met God, en vertel Hom alles Hy is ons hemelse Pappa, ons Abba Vader, en Hy het ons oneindig lief.

Groete in Christus

Hester

Views: 9

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur Lettie Jacobs op 18 Augustus 2010 om 12:30
Hester, laat hoor weer van jou! Ons mis jou, vriendin! Groete en seenwense.
Kommentaar deur Soraya Barth op 18 Augustus 2010 om 10:13
Hi Hester
Soms is n mens se lewe vol glasstukke,
Wat baie seer en diep sny,
Maar die Here skraap al die stukkies glas bymekaar
Herrangskik dit en maak die mooiste mosaiek daaruit.
Dis hoekom jy so mooi mens is,
Jy het toegelaat dat GOD jou skep, Elke dag!
· Moenie vandag probeer om GOD se hand vas te hou nie...
· Laat Hy joune vashou! Hy doen die hou-werk, doen jy net die vertrou-werk.
· Mag jy Sy vashou-werk beleef. Moet nooit moed opgee, God doen dinge Sy tyd nie jou tyd nie en hy stel nooit teleur
Kommentaar deur Tinus op 23 Julie 2010 om 7:34
Hi Hester.
God is Groot en hy weet wat wat is in ons lewens, Ek is in my 2de kinderlose huwelik en raak al my 50's. God is so groot en het vir my 10 jaar terug 'n "optelkind" gegee om groot te maak en op die regte pad te lei en weer vir my 2jaar terug 'n kind gestuur wat my lewe totaal verander het, Ek het in my lewe nooit geweet dat 'n mens so lief vir 'n kind kan wees nie, wat die belangrikste is, is dat ek en sy wonderlik oor die weg kom en sy alles net my deel. God is groot en hy kon nie vir my 'n beter geskenk gegee het as hierdie kind nie. God het 'n doel met alles in die lewe, 10 jaar terug het ek ook vir God gevra waarom dit, waarom dat en waarom lewe ek nog. Vandag weet ek dat God 'n plan met alles in ons lewens het, ons moet net geduldig wees en Sy wee volg en as ons die dag sien dan het dit al klaar gebeur sonder dat ons dit eers agter gekom het.
Mag God vir jou en jou man berusting gee en mag julle sy liefde elke dag ten volle aanvaar, onthou ons is almal instrumente in God se orkes, elkeen het sy deeltjie en ons sal elkeen ons beurt kry om te doen waarvoor God ons gaan gebruik.

Groete en 'n mooi dag vir julle
Kommentaar deur Susan op 23 Julie 2010 om 3:51
Hi Hester
Dit is so 'n mooi stukkie wat jy met ons deel dankie daarvoor hoor- ja jy is reg Jesus is baie lief vir jou en weet dit Hy sal eendag in die hemel jou vertel hoekom jy nie kinders het nie- ek glo daar is baie vrae wat ons Hom eendag gaan vra hoekom? en ek weet Hy sal ons so 'n gerusstellende antwoord gee......jy is 'n kosbare kind vir hom bere dit in jou hart
Baie liefde
Susan
Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 22 Julie 2010 om 15:12
Hester dit is net God wat so 'n berusting kan gee. Dit laat my dink aan die woorde van Ps. 131 : 2 "Maar ek het kalmte en rus gekry, soos 'n kindjie by sy moeder rus, so is my gemoed". Lees ook my artikel , "om oor die skouer te loer".
vrede vir jou 1
Kommentaar deur Lettie Jacobs op 22 Julie 2010 om 13:22
Dankie Hester vir 'n bemoedigende en inspirerende boodskap! Die Here is besig om jou te gebruik, en jou boodskap bring 'n kragtige getuienis! Ons Vader sorg, soos jy dit so pragtig uitdruk. Ons ken nie nou die antwoorde nie, maar eendag sal ons ten volle ken. Jou kinderloosheid het jou net 'n meer kosbaarder getuie vir God gemaak! En as 'n God van wonders, laat ons dit ook in sy kosbare hande. Sterkte. Groete in Christus.

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
27 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service