deur Stephan Joubert

 

Wanneer die woordjie “tyd” ter sprake is, hoor jy dat dikwels tyd vlieg, tyd is skaars, tyd is kosbaar, of dat tyd nie vermors kan word nie. Ek moes daarom lag toe ek iewers lees van ‘n brief wat Johann Wolfgang von Goethe op 6 Junie 1825 aan Zelter, sy komponis-vriend in Berlyn geskryf het. Hierin kla hy steen en been oor die geweldige spoed waarmee alles in daardie tyd gebeur. Almal jaag volgens hom net agter geld en vinnige dinge aan. Tot Goethe se frustrasie het treine, stoomskepe en die versending van briewe hierdie gejaagdheid verder aangewakker! Om te dink dat ‘n brief nou binne ‘n paar dae regoor Duitsland versend kan word, het hy tussendeur ook gemymer!

 

Ten spyte van die feit dat mense vandag baie langer as ons voorgeslagte leef en ook korter werksure het, het ons een klagte in gemeen: ons het te min tyd! Dis onwaar. Die speelveld is gelyk vir almal wat die tyd-speelveld betref. Ons almal het daagliks 24 uur tot ons beskikking. Die keuse is ons s’n of ons dit as ‘n volledige porsie lewe in God se Naam gaan op- en uitleef, of nie. Koop asseblief vandag se 86,400 sekondes uit tot Sy eer!

 

Views: 94

Tags: kernkrag

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Kommentaar deur louis wentzel op 10 Februarie 2012 om 4:58

 Stephan tyd is tog maar eienaardig. Neem vir Noag; dit lyk letterlik of sy dag se 86400 sekondes meer tyd gehad het as gevolg van die omgewings faktore, die werksomstandighede, die hoeveelheid mense in sy invloedsfeer, die uitvoer van sy opdrag, die beredenering van sy doen in gehoorsaamheid. Tog was hy elke dag volledig mens met n visie(hy het by GOD gehoor). Partykeer dink ek die nie hoor van GOD nie is die veelvuldige base in ons lewens en nou word daai 24 uur letterlik 1 dag en ons pak die skuld op tyd.

Ek wil amper se GOD het n omgekeerde "tydslyn" . Hy begin by een mens , dan iemand uit die mens wat by hom pas en aanvul, dan n groepie n huisgesin. Dan roep Hy weer een mens Abraham, dan met n familie dan n uitverkore volk en dan die wereld. God stuur weer een "mens" Jesus dan n groepie dissipels, dan Sy dissipels die wereld oor en soos die wereld meer en meer bevolk raak stuur Hy meer en meer mense(en word die Genade en Liefde meer) tot by die punt waar Jesus Sy bruid kom haal, en dan sal die hemelse stad wat HY aan Abraham belowe het kom soos ons trouens elke dag bid. (laat u koningkryk kom).

 Dui hierdie tydslyne nie vir ons iets oor die einde van die tyd aan nie?. OF verstaan ek verkeerd omdat ek te simplisties is. Sjalom.

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
27 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
10 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
gister
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service