Sarel Corrie
  • 54, Manlik
  • Upington
  • South Africa
Share on Facebook Stuur Aan Twitter

Sarel Corrie se Vriende

  • Lettie Jacobs
  • Echurch.co.za
  • Fanie van Emmenes
  • Lettie Jacobs
  • Dries Cronje
 

Sarel Corrie!

Nuutste Bedrywighede

Fanie van Emmenes left a comment for Sarel Corrie
"Wat het van jou geword Sarel?  Ek het onlangs jou kommentaar oor die herenigingsproses gedurende die algemene sinode gelees.  Ons mis jou skrifgetroue artikels en kommentare.  Laat weet man ! Vrede! "
Nov 9, 2011
Sarel Corrie and Lettie Jacobs are now friends
Mar 14, 2011
Sarel Corrie commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Dankie Theo, ons stem saam, kom ons konsentreer net op die wese van die evangelie, nie al die bykomstighede nie: Jesus het na die wêreld toe gekom en redding gebring vir ons almal wat in ellende lewe. Ons taak is om dit net aan almal bekend te…"
Des 23, 2010
Elna Davies commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Stem saam.Elke pond in jou 'ons' wat moet help herformuleer moet onderneem om die Goeie Tyding van die Kersfees boodskap elke dag uit te hou, tydig en ontydig, in (Kers)seisoen en buite seisoen "
Des 23, 2010
Theo Stehle commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Ja, Corrie, ek stem saam dat daar verskille is tussen geskiedkundige feitebronne, sommige is meer betroubaar as ander, net soos sommige manuskripte van die Bybel meer betroubaar is as ander.  Party is selfs korrup.   Stem ook met…"
Des 23, 2010
Sarel Corrie commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Ongelukkig is dit bespiegeling. Ek het ook kerkgeskiedenis bestudeer en weet met watter voorveronderstellings die kerk sy geskiedenis beskryf het. Om nou byna 2,000 jaar later te sif tussen al die verskillende standpunte en tot 'n bevredigende…"
Des 23, 2010
Theo Stehle commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Corrie, ek waardeer dit dat jy reageer op my kommentaar. As ons bereid is om soos manne met eerlikheid en integriteit vraagstukke soos hierdie te bekyk en aan te pak, sal nie net ons nie, maar ook andere daarby baat. Nee, dis nie bespiegelings nie.…"
Des 23, 2010
Sarel Corrie commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Theo, om te bespiegel wat die werklike rede vir die instelling van Kersfees was soveel jare gelede, en boonop het niemand al hierdie gegewens op die tafel geplaas nie, klink na harsingsgimnastiek en 'n mors van tyd. Die vraag is nie wat die…"
Des 23, 2010
Fanie van Emmenes commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Lettie jy verwoord presies wat ek voel. Vrede !"
Des 22, 2010
Lettie Jacobs commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Goed, ons los hierdie redenasie vir die geleerdes!  Eenvoudig gestel, ek is VIR Kersfees as Christusfees, en ouers behoort hul klein kindertjies reeds vroeg te leer waaroor dit gaan.  Of dit nou wel die datum was of nie van Christus se…"
Des 22, 2010
Theo Stehle commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Die vraag is: Was die feesdag / dae wat drie eeue na Christus en dus na die vroee gemeente waarvan ons in Handelinge lees, ingevoer is in die Roomse kerk om met die heidendom se afgodsfeeste saam te val, veronderstel om oor Christus te gaan? Of was…"
Des 22, 2010
Sarel Corrie commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Die oorsprong van Kersfees is nie die probleem nie, want baie uitsprake in die Bybel kom ook ooreen met die ander godsdienste s'n (wysheid, psalms, beeldspraak), maar wat gebeur vandag met die feesdag wat veronderstel is om oor Christus te…"
Des 22, 2010
Lettie Jacobs commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Amen!"
Des 21, 2010
Fanie van Emmenes commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Ons het 'n Kerssangdiens gehou wat niks met kommersialisering te doen het nie.  Dit was heilige oomblikke waar God geloof is vir sy koms in Christus na hierdie aarde toe.  Wat maak dit saak as die wereld dit sien as 'n…"
Des 21, 2010
Lettie Jacobs commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Sarel, ek kan net met jou saamstem. Kersfees is Christusfees vir God se kinders, vir die wereldling iets heeltemal anders.  Nee, ons hou ons nie hoogheilig nie, maar met die kommersialisering van Kersfees, het die waarheid van die Heiland se…"
Des 21, 2010
Theo Stehle commented on Sarel Corrie's blog post 'Kersfees'
"Verlede Sondag se Rapport Weekliks het 'n artikel bevat oor die oorsprong van kersfees. Lees dit op Rapport se webtuiste. Dis tragies dat 'n wereldse koerant die ware oorsprong en aard van kersfees vir gelowiges moet openbaar. Dit behoort…"
Des 21, 2010
Sarel Corrie posted a blog post

Kersfees

Iemand waarmee ek baie nou saamwerk stop so 'n rukkie terug 'n blaadjie in my hand en vra my om dit te lees. Ek weet die persoon is van die Jehova se getuies, dus steur ek my nie veel aan wat in daardie Wagtoring staan nie. Maar soos wat Kersfees al nader kom, besef ek dat dit wat hulle beweer met Kersfees gebeur het, al hoe meer gewig dra. Kommersialisering is beslis aan die orde van die dag. As die besighede begin kla omdat hulle nie genoeg voete kry oor hierdie tyd nie en dat mense nie op…See More
Des 20, 2010
Sarel Corrie and Dries Cronje are now friends
Nov 17, 2010
Sarel Corrie posted a blog post

Hervormingssondag

Ek wonder hoeveel van ons voel nog 'n opgewondenheid oor die Hervorming wat elke jaar aan die einde van Oktober gevier word. Dit is net asof daar vandag 'n gevoel is onder christene dat dit nou tyd geword het om aan te beweeg (hopelik lees ek die tye verkeerd). Ek wil daarin iets lees van 'n reformasie wat plaasgevind het, maar nie in alle opsigte voltooi is of tot die volledige konsekwensies deurgevoer is nie. Ons het miskien die hervorming in die teologie en Skrifgebruik deurgevoer, maar dit…See More
Oct 30, 2010

Sarel Corrie's Blog

Kersfees

Iemand waarmee ek baie nou saamwerk stop so 'n rukkie terug 'n blaadjie in my hand en vra my om dit te lees. Ek weet die persoon is van die Jehova se getuies, dus steur ek my nie veel aan wat in daardie Wagtoring staan nie. Maar soos wat Kersfees al nader kom, besef ek dat dit wat hulle beweer met Kersfees gebeur het, al hoe meer gewig dra. Kommersialisering is beslis aan die orde van die dag. As die besighede begin kla omdat hulle nie genoeg voete kry oor hierdie…

Meer

Gepubliseer op 20 Desember 2010 om 22:51 — — 14 Kommentare

Hervormingssondag

Ek wonder hoeveel van ons voel nog 'n opgewondenheid oor die Hervorming wat elke jaar aan die einde van Oktober gevier word. Dit is net asof daar vandag 'n gevoel is onder christene dat dit nou tyd geword het om aan te beweeg (hopelik lees ek die tye verkeerd). Ek wil daarin iets lees van 'n reformasie wat plaasgevind het, maar nie in alle opsigte voltooi is of tot die volledige konsekwensies deurgevoer is nie. Ons het miskien die hervorming in die teologie en Skrifgebruik deurgevoer, maar dit… Meer

Gepubliseer op 30 Oktober 2010 om 12:54 —

My eie persoonlike verstaan van Jona (konsep)

Jona was sekerlik nie net die swakste profeet van al die profete nie, maar ook die een wat die meeste verleentheid veroorsaak het vir die Jode. Daarom kan ons met reg vra: wat is die rede waarom hulle dit steeds as deel van die profetiese boeke beskou het? Hoe ons ook al die boek lees, met…

Meer

Gepubliseer op 24 Oktober 2010 om 15:00 — — 1 Kommentaar

'n Gereformeerde bedieningsmodel vir ons tyd?

Ek moet dit nou maar eenmaal bely, ek is 'n gereformeerde christen. Inteendeel, ek kan nie anders as om so te wees nie. Ek is ook nie skaam om dit heelhartig te bely nie. Ek is opgelei by een van die mees gereformeerde teologiese fakulteite in die land, by Stellenbosch en met dosente soos proff Willie Jonker, Flip Theron, Danie du Toit, Dirkie Smit, Dirk Odendaal, Danie Louw, Bethel Muller, Eddie Brown, Pieter Coertzen, om net 'n paar te… Meer

Gepubliseer op 14 September 2010 om 23:05 — — 11 Kommentare

9/11: Die gevolge

Vandag is dit presies 9 jaar gelde wat hierdie tragiese gebeure in New York plaasgevind het. Ek onthou net hoe ek die TV aangesit het nadat daar 'n berig oor die radio gekom het. Ek het gesien hoe die 2de vliegtuig toe in die 2 de Tower vasgevlieg het. Daardie beeld is tot vandag toe nog helder in my geheue. Ook toe altwee die Towers na mekaar ingetuimel het.… Meer

Gepubliseer op 11 September 2010 om 20:31 — — 5 Kommentare

Getroud

Ek het vandag 'n huwelik voltrek en dit het my opnuut weer laat dink aan die ongelooflike ruimte waarbinne God ons toelaat om as man en vrou te lewe. Kyk net na die volgende fotos:






Die 1ste foto is…

Meer

Gepubliseer op 4 September 2010 om 16:04 — — 1 Kommentaar

Godsdienstig of nie?

Handelinge 17:22b-23a Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle…

Meer

Gepubliseer op 3 September 2010 om 12:30 — — 2 Kommentare

Wat 'n ongelooflike ervaring!

Ek glo nie sommer in wonderwerke nie, maar hier in Upington is een stadig maar seker besig om te gebeur. Waar in die kerklike wêreld kry jy 'n rooms katoliek, anglikane, gereformeerdes, congregationaliste, Lutherane, Nederduitse Gereformeerdes, Verenigende Gereformeerdes, Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrikaniste, charismatiese kerklikes, en 'n paar ander kerke bymekaar besig om oor 1 Korintiërs en Amos 1-2 (en ander Bybelboeke) te… Meer

Gepubliseer op 30 Augustus 2010 om 23:11 —

Verhoudinge - oor grense heen

Hierdie week vier ek my 23ste jaar in die gemeente in Upington. Dit opsigself is seker nie 'n prestasie nie, maar wat wel merkwaardig is, is dat my gemeente my vir 23 jaar in hulle midde verdra het! Julle sien, ek staan in 'n kruiskulturele bediening. Toe ek 23 jaar gelede hier aangekom het, het ek gedink ek weet iets van my mede swart broers en susters, maar weldra uitgevind dat ek niks regtig weet nie. Ek het 'n ou evangelis, Ephraim en… Meer

Gepubliseer op 13 Augustus 2010 om 10:28 — — 2 Kommentare

Het die kerk in sy strukture vasgeval?

Ek werk tans vir 23 jaar vir die kerk en het in hierdie tyd 'n ongemak begin ondervind met die strukture van die kerk. Ek besef dat strukture per se nie verkeerd is nie, maar wanneer strukture die oorheersende tema by vergaderinge, fondsinsamelings, funksies en werksaamhede word, dan raak ek baie ongemaklik. Die struktuur van die kerk kos die lidmate miljoene rande net in Suid-Afrika. Lidmate gee hulle tiendes of bydraes vir die Here en… Meer

Gepubliseer op 10 Augustus 2010 om 14:00 — — 10 Kommentare

Kommentaar Muur (7 kommentare)

Jy moet 'n lid van Ekerk wees om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Om 16:38 op 9 November 2011, het Fanie van Emmenes gesê…

Wat het van jou geword Sarel?  Ek het onlangs jou kommentaar oor die herenigingsproses gedurende die algemene sinode gelees.  Ons mis jou skrifgetroue artikels en kommentare.  Laat weet man !

Vrede! 

Om 21:17 op 11 Oktober 2010, het Lettie Jacobs gesê…
Sarel, hoe gaan dit? Lanklaas iets van jou gelees, kom jy met jou uitstekende kennis van die Bybel moet weer iets lewer! Ek sien so uit daarna! Geseende week vir jou en jou familie en kerklidmate.
Om 22:27 op 18 September 2010, het Lettie Jacobs gesê…
Sarel ek sien daarna uit dat jy Boeta 'n bietjie reghelp, en jy is net die regte persoon daarvoor, want jy is 'n dominee met die nodige teologiese kennis! Mag God jou seen met insig oor hierdie saak. Seenwense.
Om 7:38 op 17 September 2010, het Rudolph van Wyk gesê…
Dankie
Om 11:02 op 16 September 2010, het Rudolph van Wyk gesê…
Sarel, kan jy help met 'n paar definisies:

Goddeloos
God-loos
God-los
God-verlate
God-vervul(d)
Om 22:59 op 3 September 2010, het Lettie Jacobs gesê…
Sarel, ons ervaar dit daagliks. Ons woon naby die kerk en as die klokke soms in die middel van die week lui, dan weet ek, iemand is Huistoe en as die klokke Saterdae lui is dit merendeels troues (die begin van 'n nuwe lewe saam met iemand). The circle of life! Dit maak my baie nederig, want so leer ons elke dag deur die wel en wee van ons gemeenskap dat daar maar oral 'n begin sal wees en in ander gevalle 'n einde. Sterkte met jou dag en ry versigtig! Mag die Here jou in alles versterk. Groete in Christus.
Om 19:47 op 10 Augustus 2010, het Fanie van Emmenes gesê…
Sarel hartlik welkom hier by E-kerk. Dankie ook vir die fotos, dit lyk werklik soos die eerste gemeentes in Handelinge. Jy is voorwaar gelukkig dat die Here jou so kan gebruik.
Groete in Christus
 
 
 

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconRonel Calitz, Andre Swart en Tom Smith is deel van Ekerk
7 minute gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
9 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
23 ure gelede
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
gister

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service