Ek was vandag aangenaam verras om 'n artikel oor Stephan Joubert te sien in 'n Christelike tydskrif wat soms baie krities teen Stephan deurgekom het. Verskeie vrae is aan Stephan gestel en hy het hulle met sy kenmerkende reguit en eerlike manier geantwoord. Ook ek het my antwoord gekry. Ek wou by ekerk en ander persone weet of Stephan deel van die Ontluikende (Emergent) Kerk is.
Stephan is 'n mens wat sy Here ten volle liefhet en wat verwonderd staan voor die feit dat God so…
MeerGepubliseer op 8 Mei 2012 om 20:03 —
Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars. - Lukas 5:32
"Ons wereld het drasties gekrimp. Dermiljoene internetboodskappe en SMS-boodskappe skiet daagliks in millisekondes oor kontinente. 8,5 miljoen webblaaie op die internet; duisende miljoen plus Twitter-volgelinge en meer as 900 miljoen nuwe foto's op Facebook vertel vir ons dat die digitale wereld die nuwe virtuele kuier-, werk- en speelplekke van die mensdom geword het.…
MeerGepubliseer op 6 Mei 2012 om 16:33 —
" Om jou hoogste ideale te kan verwesenlik, is dit noodsaaklik dat Christus sentraal staan in jou lewe.
Rafael, die wereldbekende kunsskilder, het sy onsterflike skildery "Die Sistynse Madonna" aan die koning van Dresden geskenk. Dit is na die troonkamer geneem sodat dit daar aan die koning vertoon kon word. Die probleem was waar om die skildery te sit sodat dit ten beste vertoon kon word. Daar moes gekyk word na die lig, die agtergrond en die gordyne - alles moes perfek…
MeerGepubliseer op 2 Mei 2012 om 20:24 —
En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe (Galasiers 2:20).
"In hierdie woorde druk Paulus drie groot gedagte uit:
Eerstens: ek is met Christus gekruisig. Toe Christus aan die kruis gesterf het, het Hy al God se kinders indiedood laat deel. Soos wat ons almal in Adam gesterf en sy sondige natuur ge-erf het, is ons almal saam met Christus gekruisig. Die krag van sy dood werk elke dag in ons. Soos Christus het ons vir die sonde gesterf, en moet…
MeerGepubliseer op 2 Mei 2012 om 13:00 —
Lettie baie dankie vir jou belangstelling en aanmoediging. Dit is mos waarom ons daar is vir mekaar. Omstandighede buite ons beheer het ons genoodsaak om te verhuis vanaf Stellenbosch na Pretoria.
Dit was nogal traumaties, maar ons is danksy die Here se genade weer aan die gang. Sonder Hom sou ons dit nie gemaak het nie. God is egter getrou en laat nooit Sy kinders in die steek nie.
Alhoewel ek nog steeds die artikels op e-kerk gelees het sal ek binnekort weer voluit deelneem.
Nogmaals dankie vir jou belangstelling, ek waardeer dit geweldig.
Vrede!
Baie dankie Lettie, ek is seker ek gaan dit baie geniet hier. Dit is regtig lekker om tussen so baie Jesus kinders te wees.
Dit is wonderlik om te sien hoe die Here mense se lewens kom verander.
Lekker dag verder
Seen
Martin
Opgelaai deur Paul Hugo
Opgelaai deur Paul Hugo
Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!
Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.
Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!
Ekerk posted a blog post© 2012 Created by Ekerk.
