Hello Rudolph

 

Ek groet julle in die Lieflike Naam van Jesus. Ek sal graag meer wil verneem van julle aksie, want ek glo ook dat baie van ons probleme in gesinne, families, die kerk en in die samelewing, sy oorsprong het in die feit dat die vaders nie meer die priesters is in hulle huise nie. Dit is ongelukkig so dat die produk van daardie priesterlose huise die boustene is van ons samelewing van vandag.

 

Groete

 

Dennis Palm

Views: 17

Reaksie op Hierdie Gesprek

Ons is Manne van Belofte. Ons het ontstaan na die Mighty Men Conference 2009. Kort na die konferensie het ons in die plaaslike koerant bywoners daarvan uitgenooi om bymekaar te kom. Ons het Bybelstudie elke Dinsdagaand sedert daardie tyd en het nog nie een aand dit afgestel nie. Ons is 'n gemiddeld van 20-24 manne wat elke Dinsdagaand bymekaarkom. Ons het ook familie- en gesinsfunksies waar ons dan 'n groter geleentheid het. Het ook al manne-ontbyte gereël met sprekers o.a. Roelie van der Spuy, Jimmy Abbott en Dan Dobrowsky. Ons is 'n inter-kerklike organisasie en die manne kom uit verskillende kerke - ons enigste "kerk" is Jesus. Ons kom bymekkar om die Woord van God. Ons kry ook soms sprekers op Dinsdagaande, bv Voltan Senekal van Solidariteit Helpende Hand en Joggie Swanepoel van die Afrika Evangeliese Bond. Ons fokus is om die manne sterk te maak en toe te rus om leiers in hulle huise te wees, en hulle gesinne te lei in die Naam van Jesus.
Rudolph

Dankie vir jou gesprek. Ons vind ook dat die Heilige Gees in hierdie laaste dae besig is om die skeidsmure tussen die kerke af te breek. Ek is Pastoor by die AGS van SA, maar ons het so `n ongelooflike band opgebou met veral die NG Kerk, dat ons Desember wy aan gesamentlike dienste. Deur die jaar reel ons ook saam byeenkomste waar ons kunstenaars kry om op te tree of om net saam te kuier. Ons het nou `n kinderkerk begin wat bestaan uit die kinders van die AGS, VGK en NG Kerk en ons het reeds bykans 120-150 kinders wat dit bywoon. Kom ons vat hande en bid dat hierdie Lewende Water deur ons land sal bruis!

Groete
Dennis Palm

RSS

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile IconAndre Swart, Tom Smith, Hermanus van Dyk Fourie en 2 ander is deel van Ekerk
3 ure gelede
Ekerk posted a blog post

Every body matters [resensie]

deur Marius NelGary Thomas EVERY BODY MATTERS Strengthening your body to strengthen your…See More
7 ure gelede
Jacques Geldenhuys posted a status
"Skuus ek het 'n fout gemaak - die kommentaar moet deel wees van GEWIG MET WOORDE -17Mei"
21 ure gelede
Jacques Geldenhuys commented on Ekerk's blog post 'Is daar ‘n doel dat goeie dinge (met my) gebeur?'
"Wat is die wreedste vorm van wraak - onderdrukte stilte wat jou nie die geleentheid gee om jou diep…"
22 ure gelede

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service